Juniors ‘n eerste vir JF Drummieklub

0
1660
Demi Nel, Neline Bakkes en Jean-Marie Theron.

JF Drummieklub maak geskiedenis met die insluiting van drie van die junior span se atlete in die SAMCA- nasionale span wat in September 2016 in Kroasië gaan deelneem aan die Trompoppie-wêreldkampioenskap.
JF is trots op drie leerders van Primêre skool Jim Fouché wat gekies is as JF Drummieklublede.
Die drie atlete, Demi Nel, Neline Bakkes en Jean-Marie Theron was deel van’n groep van vyf meisies van JF Drummieklub se junior span wat op 23 Januarie 2016 in Gauteng aan die SAMCA- nasionale span se proewe deelgeneem het.
Hulle het gekwalifiseer vir die proewe deurdat hulle suksesvol was in die SAMCA-proewe wat in die Desembervakansie gehou is en waar hulle SAMCA-kleure verwerf het.
Hierdie drie atlete is ook op die Leerderraad by Primêre Skool Jim Fouché. Neline en Jean-Marie is sub-leidsters in die JF Drummieklub Junior Span, met Jean-Marie onder-hoofleidster. Demi is onder-hoofmeisie by Jim Fouché Primêr en hoofleidster van die junior span.