Jou Vermaaklikheidsdagboek vir die week – 9 Junie 2016

0
Jou Vermaaklikheidsdagboek vir die week – 9 Junie 2016
Jou Vermaaklikheidsdagboek vir die week

9 Junie
Bloemfontein Afrikanerkultuurraad hou sy toekenningsaand by NALN, h/v Elizabeth- en Pres. Brandstraat, om 18:30. Kaartjies kos R50 per persoon. Bespreek by 083-462-1963.
9 Junie
Willem Postma Primêre Skool hou sy jaarlikse gholfdag by Schoemanpark-gholfklub. Die fondse wat by dié geleentheid ingesamel word, sal aangewend word vir die opgradering van die skool se ingange. Om as individu te speel kos R400 per persoon. Die koste van ‘n 4-bal is R1600 (koste per speler sluit halfweg-ete en aandete in, asook verversings deur die dag). Vir meer inligting bel Lizanne Liebenberg plizliebenberg@wpps.co.za of by 082-552-3179.
9 June
Leah is going to set the stage on fire at the Aasvoëlklub! Get your ticket now at R100 per person. To book tickets, send an email to vultureclubevents@gmail.com or call Lollie at 079-796-7975. Doors open at 18:00 and the show starts at 20:00.
10 June
RusHour is performing songs by The Eagles and the other greats in the Aasvoëlklub. Get your ticket now at R100 per person. To book tickets, send an email to vultureclubevents@gmail.com or call Lollie at 079-796-7975. Doors open at 18:00 and the show starts at 20:00.
10 Junie
Kom geniet ‘n Sop & Broodjie-aand by Laerskool Bloemfontein saam met dr. Lizelle Nel, kinder- en gesinsterapeut, om 18:00 vir 18:30. Kaartjies kos R30. Elke persoon kry ‘n sertifikaat. Dr. Lizelle doen sedert 2000 terapie met kinders en gesinne. Sy is ‘n energieke spreker wat graag haar kennis en ondervinding deel. Vir meer inligting bel Carin Jordaan by 084-441-7615.
10 Junie
Dis weer tyd die gewilde jaarlikse Skaapkop-aand van die Laerskool President Brand om 18:00 vir 18:30. Jacobus Silwer is die gaskunstenaar. Kaartjies kos R300 en is by die skool beskikbaar, bel 051-422-4941.
11 Junie
Huilwater: 30 stories in die langpad deur L.J. Bothma word om 10:00 by NALN-ouditorium, Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN), h/v Elizabeth- en Pres. Brandstraat, bekendgestel. Bevestig u bywoning by dr. Louis Bothma by bothmalj@mweb.co.za en Annelien Diedericks by annelien.naln@sacr.fs.gov.za of 051-405-5407.
11 Junie
Dit is weer tyd vir Dr. CF Visser Laerskool se jaarlikse Beesdrop 2016. Dit begin om 10:00 en duur tot 15:00. Zak Steyn sal hier optree en daar is talle stalletjies wat besoekers sal besig hou. Vir meer inligting bel 051-433-1213.
11 Junie
Die Vriende van Boyden nooi die publiek vriendelik uit na hul ope aand by Boyden-Sterrewag (langs Maselspoort). Die program begin 17:30 vir 18:00. Toegang is R50 per motor. Bespreking is nie nodig nie. Daar sal ‘n buitelug-aanbieding en teleskoop-kyk wees. Die tema is Die Winter Konstellasies/Sterrebeelde. Jupiter, Saturnus en Mars sal ook sigbaar wees. Die ope aand gaan voort ongeag die weer. Daar sal ‘n Plan B wees indien die weer nie saamspeel nie! Verversings sal te koop wees.
11 June
Heather Waters is performing in the Aasvoëlklub. Get your ticket now at R100 per person. To book tickets, send an email to vultureclubevents@gmail.com or call Lollie at 079-796-7975. Doors open at 18:00 and the show starts at 20:00.
13 Junie
Die Genealogiese Genootskap se maandbyeenkoms vind om 18:30 in die ouditorium van die Anglo- Boereoorlogmuseum plaas. Johan Pottas vertel van teleurstellings, vreugdes, WOW-oomblikke en frustasies in sy soektog na sy eie en ander voorgeslagte. Besoekers betaal R20. Tee/ koffie word bedien. Bel 082-202-5861 vir meer inligting.
16 – 18 Junie
Vanweë die reuse-sukses vroeër vanjaar en vertonings wat voor die tyd uitverkoop het, het Arco Musica besluit om ‘n opvolg-show te doen: Bling & Black Tie 2 om 19:00 in die Ramblers Klub–balsaal met sy asemrowende kandelare en ouwêreldse sjarme. Kaartjies kos R150 (sonder peuselhappies) en R240 (met peuselhappies) by Computicket.
18 Junie
Die Bobbiespark Kuns- en Handwerkmark word van 9:00 tot 14:00 gehou. Die mark is ‘n binnenshuise mark en word dus nie deur die weer geraak nie. Daar is ‘n groot verskeidenheid van die mooiste handgemaakte produkte: skilderye, juwele, brei- en hekelwerk, seep, speelgoed, ens. Daar sal natuurlik ook heerlike kosstalletjies wees: braaivleis, kerrie en rys, pannekoek en alles smullekker! Dis ‘n unieke ervaring en mag nie misgeloop word nie!
25 June
Come commemorate the 75th anniversary of Operation Barbarossa, the German invasion of Russia during the Second World War, and enjoy a nostalgic day of living history, military displays, historic and military vehicles, militaria and food stalls, beer hall and an authentic battle re-enactment. Join in the fun from 9:30 at Leeuwberg Farm, next to the N1, 15km south of Windmill Casino. Entrance is R20 per person and it is free for children under 16. For further information call 082-870-4448 or sent an email to kruppgun@yahoo.co.uk.

No posts to display