E Copy

Date:

Jou Vermaakliheidsdagboek vir die week

13 Augustus
Die NG Hugenoot-gemeente bied om 18:30 in die kerkgebou (Bloukerk) Normandielaan, Bayswater, ‘n werkswinkel aan vir getroudes, verloofdes of enige persoon wat in ‘n verhouding staan. Die werkswinkel se tema is 50 Shades of Relationships en dit sal handel oor emosionele verhoudings, seks, pornografie, asook tyd vir jou maat. Daar word ook tydens hierdie geleentheid ‘n kabaretopvoering aangebied. Kaartjies kos R60 per paartjie en sluit ‘n ete in. Bespreek by 051-436-2659 (k). Plek is beperk.
13 August
Marcato voer hul Simon &Garfunkel Tribute by Innie Skuur op. Kaartjies kos R120. Bespreek by meerkatkolonie@vodamail.co.za of skakel 079-387-3614 vir meer inligting.
13 – 15 August
The Cracked Vase, written and directed by Mbuyiselo Nqodi is being performed daily at 18:30 in the André Huguenet Theatre. Admission is R50. Tickets are available at Pacofs.
14 – 16 Augustus
Bergklub S.A. Vrystaat nooi u om ‘n uitstappie mee te maak van 14-16 Augustus of slegs 15 Augustus as ‘n dagstap. Hulle klim Thaba Boshiu in Lesotho ter herdenking van die slag tussen Wepener en die Basoetoes in 1986. Moontlike oorslaap by die Aziza Katolieke gastehuis by Marseilles en Sondag verdere geskiedkundige stappe en besoeke in Ladybrand.Vir meer besonderhede kontak Deon by 082-412-2732 of Charlotte by 083-324-9474.
14 Augustus
Grey-kollege hou vandag sy rugby-gholfdag by Bloemfontein-gholfklub. Daar is ‘n oggend- en middagveld beskikbaar. Skakel Bfn-gholfklub vir besprekings by 051-447-0571. Koste is R250 per speler. Die formaat is Fourball Alliance, beste twee tellings om in aanmerking te kom. Skakel gerus vir Gustav Claassens by 082-339-9835 vir besprekings en borgskappe.
15 August
Eric Nobbs voer sy eenmankomedie, Doppers en Fillistyne by Innie Skuur op. Kaartjies kos R120. Bespreek by meerkatkolonie@vodamail.co.za of skakel 079-387-3614 vir meer inligting.
15 Augustus
Elna van der Walt Balletskool hou ‘n vandag ‘n gholfdag by Schoemanpark-gholfklub. Die formaat is IPS en die koste is standaard-klubfooie. Bespreek by die klub by 051-448-3122. The Compassionate Friends is ‘n self-help ondersteunings-groep met geen rasse –godsdienstige of maatskaplike grense wat vriendskap en begrip bied aan bedroefde ouers , sibbe en grootouers wat geliefde kinders aan die dood afgestaan het.
17 Agustus
The Compassionate Friends se byeenkomste vind maandeliks elke derde Maandag van die maand op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat in die D.F.
Malherbe-gebou, Graduandistraat om 18:00 plaas. Die volgende byeenkoms is vandag en daar sal ‘n gasspreker wees. Toegang is gratis. Daar kan wel sin en rigting in die lewe verkry word deur kennis en gedeelde smart. Elkeen se pyn en smart is uniek – ons leer by mekaar. Kontak Aubrey Josiah by 082-455-7433 of Carol by 079-885-2224 of gaan na hul webwef.
21 Augustus
CityMed Daghospitaal op Prellerplein bied weer ‘n bloedskenkpromosie aan in samerwerking met die SANBS. Die promosie duur van 12:30 – 16:00 en sal by Prellerplein plaasvind. Vir meer inligting kan Vivienne gekontak word by 084-777-6300.
16 Augustus
Die NG Kerk Brandfort bied vandag weer hul gewilde gospeldiens by die Tri Hunt-wildsplaas aan. Kaartjies is nou beskikbaar teen slegs R75 per persoon en sluit ‘n braaipakkie en bykosse in. Skakel 082-873- 2650 of 051-821 1102 vir besprekings.
20 & 21 August
The 3 Little Bitches is playing today at 18:30 and tomorrow at 14:30 in the André Huguenet Theatre. Tickets are R50 for adults and R30 for students at Pacofs.
21 August
Gallery On Leviseur is presenting an exhibition of brand-new works by well-known South African artist and sculptor, Anton Smit, entitled The Moment of Transition. The exhibition runs until 19 September. (Monday – Friday 8:00 – 16:00, Saturday 8:00 – 13:00).
21 August
Die Vrystaat Jagtersvereniging se Bloemfonteintak bied ‘n Manneaand aan ten bate van Lettie Fouché-skool. Dit word by Lettie Fouché se lapa gehou en kaartjies kos R250 per persoon, of R2 500 per tafel. ‘n Kontantkroeg is beskikbaar. Bespreek by Lita (082-558-7189/051-444-1793) of stuur ‘n e-pos na vsjagters@internext.co.za.
21 Augustus
Seksterapeut Marilet Kotze hou ‘n insiggewende praatjie by The Bedroom met die tema Sex and chronic diseases (cancer, diabetes, etc.) Bespreek jou plek deur The Bedroom by 051-444-1635 te skakel.
21 August
Philip Moolman voer sy Hot August Night asook eie komposisies by Innie Skuur op. Kaartjies kos R120. Bespreek by meerkatkolonie@vodamail.co.za of skakel 079-387-3614 vir meer inligting.
22 Augustus
Die Ou Presidensie Historiese Vereniging gedenk GRA-dag (Genootskap van Regte Afrikaners) om 14:30. Vir meer besonderhede oor die program, kontak Lambert van Rensburg by 072-418-8665 of stuur ‘n e-pos na lbjvanrensburg@gmail.com.
22 Augustus
Die NG Kerk Hospitaalpark in Mayostraat hou om 8:30 ‘n pretstap vanaf die kerk. Die afstand is 5km. Die inskrywingsgeld is R15 vir volwassenes en R10 vir kinders. Daar is baie geluktrekkings met pryse. Kontak Willie Vorster by 082-829-4310 vir meer inligting.
27 August
The Department of Architecture (UFS) instituted the Sophia Gray Memorial Lecture in honour of the first architect active in a professional capacity in Bloemfontein, who was also the first woman architect in South Africa. Anton Roodt will present the 27th Sophia Gray Lecture and Exhibition in the main building on campus. For more information, contact the Oliewenhuis Art Museum at 051-011-0525.
28 Augustus
Juanita Live in Bloemfontein! Die platinum-prinses van Suid-Afrikaanse musiek tree op by die Kovsiekerk om 19:00. Kaartjies kos R110-R160 en is beskikbaar by Computicket.
29 Augustus
Hoërskool Sentraal vier sy 110de verjaardag met Rushour om 18:00 op die A-rugbyveld. Koste beloop R110 per persoon. Dit sluit vermaak, potjiekos en nagereg in. Bring jou eie eetgerei, drinkgoed en stoele saam. Rig navrae aan Lynette Bubb (051-410-1807) of Susan Potgieter (078-346-6796).
Every Sunday
The Bloemfontein Dog Training Club convenes every Sunday at 4pm on the fields of Sand du Plessis Primary School. They offer reward-based, force-free training for dogs of all ages, socialising of dogs, home obedience and advanced obedience. Email phoenix21@vodamail.co.za for more information.
Reünie
Oudleerlinge en -onderwysers van Hoërskool Shannon (1915 –1978) word gesoek vir ‘n 100-jaar-herdenkingsreünie op Saterdag 7 en Sondag 8 November 2015. Kontak Lenie Meintjies by 082-415-5867 of lenie-p@phinc.co.za of Lambertus van Rensburg by 051-422-5283 of lbjvanrensburg@gmail.com.

Send your Pencil in… information to info@bloemfonteincourant.co.za. Information must reach us on a Friday, the week before planned publication.

Share post:

Popular

More like this
Related

Bochabela road upgrades aim to improve access and boost local jobs

In a service delivery update, the Manguang Metropolitan Municipality...

FCS Mangaung kicks off Child Protection Week marathon

As part of the preparations for Child Protection Week,...

Hawks operation recovers R9 million worth of stolen Eskom property near Bloemfontein

A Hawks-led joint operation conducted by the Tactical Response...

Destea to host game auction

The Free State Department of Economic Development and Tourism...