Jonges presteer in negebal-potspel

0
630

Daar is potspel en dan is daar potspel. Negebal-potspel is ’n moeiliker of meer senior spel as swartbal-potspel. Negebal-potspel word op ’n groter tafel met groter balle gespeel. Daarom het die meisies en seuns van die Negebal-potspel Assosiasie van die Vrystaat uitstekend gevaar om ingesluit te word in die Vrystaatse span wat van 8 tot 13 Desember aan die Wêreldkampioenskappe by Gold Reef City in Johannesburg te gaan deelneem.