Jong tennisspelers hou VS se naam hoog in Bloemfontein

0
Jong tennisspelers hou VS se naam hoog in Bloemfontein

GEORG VAN ECK

Verskeie Vrystaatse junior tennisspelers het in die Dunlop Vrystaatse uitdaagtoernooi uitgeblink en het tot dusver ook hul merk in die Suid-Afrikaanse junior tenniskampioenskappe gemaak op die nuwe bane van die Vrystaat-stadion en ander bane in Bloemfontein.
Philip Henning was die Vrystaat se groot uitblinker in die Vrystaatse toernooi. Hy het nie net die o.12-enkelspeltitel as eerste gekeurde verower sonder om ’n stel af te staan nie, maar het ook saam met Pierre Malan (WP) die dubbelspel-titel verower.
Carieta Moolman is die enigste ander Vrystater wie ’n titel kon buit. Sy in die dubbelspel vir meisies o.18 saam met het Amy Olivier (WP) geseëvier. Die tweede gekeurde Moolman het ook die eindstryd van die enkelspel gehaal, maar is deur eerste gekeurde Jessica Simpson (WP) geklop.
Die ander Vrystaters wat die halfeindrondtes gehaal het, is Carmen Fichardt en Linge Steenkamp (meisies o.12), Lize Moolman (meisies o.16), Hubert Badenhorst (seuns o.14) en Margo Landmann (meisies o.14).
Baie van hierdie spelers het ook in die Suid-Afrikaanse junior kampioenskappe uitgeblink. Die Botes-tweeling, Huibré-Maré en Louise-Maré, het sterk op die voorgrond getree.
Die top-spelers was teen druktyd nog besig met wedstryde en ’n verslag van die SA junior Kampioenskappe sal volgende week in Courant verskyn.

No posts to display