E Copy

Date:

Jong talentvolle tenoor saam met VSO op die planke

Eerskomende naweek skuif lede van die Vrystaatse Simfonieorkes (VSO) weer agter hul instrumente in as hulle saam met die tenoor, Makudupanyane Senaoana, in die Kovsiekerk op die planke is.
Senaoana het onlangs die nasionale Amazwi Omzansi-sangkompetisie gewen. Dié kompetisie staan onder leiding van die Engeland gebaseerde, Suid-Afrikaans-gebore bariton, Njabulo Madlala. Die multibekroonde Madlala is daarop uit om sy aansienlike kundigheid en internasionale invloed uit te oefen met die skep van ‘n vertrekpunt vir nuwe plaaslike operatalent. Die kompetisie het ten doel om potensiële sterre onder die rykdom van begaafde jong Suid-Afrikaanse sangers wat wag om loopbane te maak vir hulself, te identifiseer.
Senaoana sal as solis tenoorarias uit operas van Mozart en Rossini: Un Aura amarosa uit Cosi fan Tutte (Mozart), Cujus Animam uit Rossini se Stabat Mater, Ich baue ganz auf deine Stärke uit Entführing aus dem Serail (Mozart) en Cessa di piu resistere uit Il Barbiere di Siviglia (Rossini), saam met die VSO uitvoer. Die orkes sal onder leiding van sy dirigent, Alexander Fokkens, optree.
Die aand (Saterdag 29 Oktober) begin om 19:30 met die opwindende Feesouverture (Shostakovich), wat gevolg word deur die tenoorarias. Ná pouse speel die Vrystaatse Simfonieorkes onder leiding van Alexander Fokkens Saint-Saëns se dramatiese Simfonie No. 3 wat alombekend is as die Orrelsimfonie as gevolg van sy gebruik van die orrel in hierdie werk. Jan Beukes is die orrelis vir dié uitvoering.
Kaartjies kos R150 vir volwassenes, R50 vir studente, R90 vir UV-personeel, R90 vir pensioenarisse, R50 vir kinders (6 tot 18 jaar) en R90 vir groepe van 10 of meer. Kaartjies vir die konsert is by Computicket (Checkers- en Shoprite-winkels) beskikbaar of bespreek aanlyn by www.computicket.com.
Let asseblief ook daarop dat die VSO blikkieskos en speelgoed by die konsert sal insamel asook by sy kantore in die Odeion op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat. Dit wat ingesamel word, sal aan liefdadigheid gaan as deel van die orkes se feestyd-uitreikveldtog. Enige hulp in hierdie verband sal waardeer word. – Maricelle Botha
maricelle@centralmediagroup.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Roadwork in Willows well underway, Ella Street temporarily closed

Residents and motorists are urged to drive cautiously in...

UFS students excel at 2025 SDG Challenge

A group of University of the Free State (UFS)...

Planned power interruption in Caleb Motshabi later this week

Residents in Caleb Motshabi will experience a planned power...

Power outage at Mangaung DC causes interruption

Centlec is working to restore the power supply to...