Jong roos skiet stof in hardebaarde se oë

0
Jong roos skiet stof in hardebaarde se oë

Nicola Lategan, 11-jarige graad 6-leerling van die Sentrale Volkskool op Kroonstad, het behoorlik stof in ’n klomp hardebaarde se oë geskiet op die jaarlikse nagskiet van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging se Valschriviertak in Kroonstad.
Nicola was die algehele wenner tydens die nagskiet op die Elandsrand-skietbaan en verower die Valschriviertak se Alle Jagwapens-wisseltrofee vir vroue.

Sy het ’n telling van 98 uit 115 opgestel. Vir ’n 11-jarige om so ’n vertoning in die nag te lewer is ’n uitmuntende prestasie. In dié proses het sy met meer as 45 skuts, meesal mans, afgereken.  Nicola skiet met ’n .223-jaggeweer en sê sy geniet dit om te skiet en aan kompetisies deel te neem. Sy is die dogter van Nico en Anneke Lategan van die plaas Malana net buite Kroonstad.
Vir deelname aan die maandelikse skietkompetisies kan Basie Bergh (voorsitter) by 082-9233-547 of Jaco Els (skietkoördineerder) by 082-7878-770 gebel word.

No posts to display