E Copy

Date:

Jong ontwerper beïndruk met bekende se trourok

MARICELLE BOTHA

‘n Jong plaaslike modeontwerper het onlangs groot blootstelling gekry nadat sy die spog-trourok van ‘n Bloemfonteinse bekende ontwerp het.
Die 24-jarige Bianca Nortje het maar vanjaar eers haar eie onderneming, Biano Designs, op die been gebring en vertel sy was redelik verstom toe Bloemfonteinse sosiale vlinder en eertydse Mev. Suid-Afrika, Tereza Troskie, haar nader om vir haar ‘n trourok te ontwerp.
Nortje meen dit was werklik ‘n wonderlike geleentheid en danksy Troskie se bekendheid is daar reeds talle foto’s van haar ontwerp in die nasionale media gepubliseer.
"Dit is min dat só ‘n bekende persoon van ‘n onbekende ontwerper soos ek gebruik sal maak, maar Tereza se uitgangspunt hieroor is ongelooflik. Sy glo daarin om jong opkomende entrepreneurs te ondersteun."
Nortje vertel dat sy redelik vinnig aan die werk moes spring met die rok en het die vyf strooimeisierokke binne ‘n maand gemaak.
"Tereza het presies geweet wat sy wil hê. Dit moes nie ‘n tradisionele trourok wees nie. Daarom het ek ‘n roomkleurige materiaal gebruik, met talle gansvere. Omdat sy ‘n glanspersoon is het ek ‘n bietjie bling probeer inbring met goue materiaal en Swarovsky-kristalle. Ek het sowat 1500 Swarovsky-kristalle op Tereza se rok gewerk en 450 op elk van die strooimeisierokke," vertel Nortje.
Troskie se rok was slegs die tweede trourok wat Nortje ontwerp het. Haar groot passie lê eintlik by die ontwerp van dagdrag. Sy vertel sy het reeds getroue kliënte vir wie sy dié klere ontwerp. "Soms is ‘n mens nie lus om die klere in die winkels te koop nie."
Nortje het in 2012 haar diploma in modeontwerp aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) verwerf en is in 2010 aangewys as die beste ontwerper by die Mej. SUT-skoonheidskompetisie.

* Kontak Nortje by 084-588-4646 of bianodesigns@gmail.com.

maricelle@centralmediagroup.co.za

Tereza en Bennie Herbst op hul troudag sowat drie weke gelede. FOTO: PASCAL BURGER

Share post:

Popular

More like this
Related

Bloemfontein Zoo revamp progresses slowly amid budget constraints

Work is slowly progressing at the Bloemfontein Zoo, but...

Maintaining MMM’s 105 burial spaces ‘a mammoth task’

Residents of Bloemfontein have witnessed the deterioration of the...

Boiler breakdown delays patient meals at Universitas Academic Hospital

Patients at Universitas Academic Hospital have faced delays in...

A decline seen in residential burglaries in Mangaung

Residential burglaries in Mangaung have been an ongoing problem,...