Jong meisie stabiel na muur op haar val

0
1110

Die jong meisie wat gister ernstig beseer is toe ‘n stalmuur op ‘n plaas buite Bloemfontein ingetuimel het, is in ‘n stabiele toestand in die Mediclinic Bloemfontein. Maurece van Niekerk, mede-eienaar van Horse Valley in die Douglas Valley-hoewegebied, is dood toe ‘n stormsterkte wind die muur vermoedelik omgewaai het en dit op haar beland het. Volgens Netcare 911 se Chris Botha is Van Niekerk op die toneel dood verklaar. Een van die perdestalle se muur het vermoedelik omgeval en op Van Niekerk en ‘n 19-jarige kliënt van haar, Liané Geldenhuys, geval. Hospitaalwoordvoerder, Amanda Appelgryn, sê Geldenhuys het frakture in haar rug en ribbes opgedoen. Sy word in die intensiewe sorg-eenheid behandel. Die wind het tot 80km per uur in dele van die Vrystaat gewoed. – Christal-lize Muller