Jong kunstenaars praat deur hul kuns

0
356
Van die pryswenners is van links: Jolene Erasmus, Josh Hewitt, Lara Delport, Georgia, Chloe en Oliver Truscott. FOTO: HEIDRE MALGAS

Die 2020 Free State Young Artiststoekenningsgeleentheid is op 13 Februarie 2021 at the Nasionale Museum gehou. Die tema van die kompetisie was My ingeperkte lewe (My lockdown world) en deelnemers kon hul kunswerke inskryf waarin hulle uitdrukking gee aan wat die grendeltyd vir hulle beteken het en hoedat dit hulle geaffekteer het.

Christo Venter, organiseerder van die kompetisie, sê hoewel hulle op sosiale media geadverteer het, hulle nie veel inskrywings ontvang nie. Die inskrywings wat wel ontvang is van jong kunstenaars wat wou deelneem, was egter van uitmuntende gehalte en baie, baie mooi.

Bloemfontein Courant het met sommige van die wenners gesels en wou weet wat hul kuns vir hulle beteken. Drie sibbe uit die Truscott-gesin wat uitstekende werk gelewer het, is Georgia (15), wat ’n derde plek verower het in Kategorie C, Chloe (17) wat eerste gekom het in Kategorie C, en Oliver (15), wat ook ’n derde plek in Kategorie C behaal het.

Die Truscott-sibbe se kunswerk

Hulle het ’n reeks prente geverf wat die verskillende style van verskillende kunstenaars tipeer. Georgia sê hulle het elke dag in die grendeltyd ’n natuurstudie van ’n toneel in die tuin gedoen, of hul ma sou ’n stillewe opstel en hulle sou dit in verskillende kunstenaars se styl verf. “Ons het elke dag ’n spesifi eke kunstenaar se styl geneem en daarvolgens geverf.”

Chloe voeg by dat hulle in Maart begin het en in Junie klaargemaak het met hul kunswerke. Op die vraag wat verf/skilder vir hulle beteken, sê Oliver hul werk wys dat hulle nie net rondgelê het tydens die grendeltyd nie, maar iets voltooi het wat die moeite werd is. Dit was belangrik vir hulle, veral omdat kuns vir almal van hulle sóveel beteken.

Jolene Erasmus (11), het ’n derde plek in Kategorie B verdien met haar kunswerk wat wys wat sy in die grendeltyd gedoen het. Sy het aan Bloemfontein Courant vertel dat sy dit geniet om met haar hande te werk en te speel, en dit het vir haar die grendeltyd verander in ’n tyd van kreatief wees.

Jolene Erasmus en haar kunswerk. FOTO: Heidre Malgas

Josh Hewitt (14) se kunswerk vertel die verhaal van inperking, hoe die strate voor die inperking gelyk het – vol lewe en lig; en hoe dit tydens die inperking daar uitgesien het – donker met geen mens in sig nie. “Dit wys hoedat mense vryelik kon rondbeweeg het voor die pandemie en hoe hulle tydens die inperking letterlik binneshuis toegesluit was.”

Josh Hewitt se kunswerk. FOTO: verskaf

Hewitt het eerste gekom in Kategorie B.

Nog ’n spesiale kunsvorm was Lara Delport (16), wat tweede was in Kategorie C, se kunswerk uit poliëster en draad. Die figuur, in gehurkte posisie, wys hoedat Corona die liggaam verswelg, met al die negatiewe konnotasies met Covid-19 daaroor geskryf.

Delport sê die figuur was oorspronklik bedoel vir ’n skoolprojek maar sy het besluit om dit ook in te skryf vir die Free StateYoung Artists-kompetisie. Dit het haar ’n wenner in Kategorie C gemaak.

Lara Delport se poliêster fi guur. FOTO:
HEIDRE MALGAS

Dié jong kunstenaars was deel van baie ander wat toekennings verower het. Venter gee alle eer aan die jong Vrystaatkunstenaars vir die verstommende werk wat hulle lewer.

Heidre Malgas

heidre@mahareng.co.za