Jollie Patrollie kuier in die Rosestad

0
2811
Derdejaar-dramastudente van Kovsies wat in Jollie Patrollie, geskryf deur Nico Luwes, speel.

Kom skaterlag vir Nico Luwes se jongste skreeusnaakse klug, Jollie Patrollie.
Die klug bied ‘n besonder intellektuele en fisieke spelvaardigheidstoets aan die groep derdejaar-dramastudente vir wie Luwes spesiaal die stuk geskryf het en handel oor ‘n kykie na die bedroë bankamptenaartjie, Stephanus, en sy desperate pogings om sy knorrige ou baas, Bidou von Brakel, en dié se formidabele, preutse vrou, Barbarossa, te oortuig dat hy die getroue eggenoot van Jollie is.
Sy baas is oortuig dat ‘n eerlike, standvastige man by die huis ook ‘n eerlike en standvastige man by die werk sal wees.
In die klug ontaard die aand in chaos as alles op ‘klugtige wyse’ verkeerd loop. Die mees absurde omstandighede en hoogs onwaarskynlikste gebeure in die besonder komplekse intrige laat die reeks komiese karakters in die stuk behoorlik bontstaan. Wie is die vreemde meisie in ‘n jas? Dan is daar nog ook ‘n meisie met ‘n pruik, ‘n blondine en ‘n meisie wat altyd honger is. Die lot maak die lewe vir Stephanus nag.
Al die goedbedoelende karakters word een na die ander in ‘n komiese knyptang vasgevang. Misverstande tussen die bedoelinge van karakters, verwarring oor die situasie, dubbele betekenisse van woorde, of die gebrek aan die verstaan van ‘n vreemde taal, gaan lekker genot aan die gehoor verskaf.
Jollie Patrollie is te sien van 16 tot 18 Mei om 19:30 in die Wynand Moutonteater. Kaartjies kan bespreek word by Computicket en kos R40 per persoon, R30 vir studente en skoliere en R20 vir pensioenarisse.
info@bloemfonteincourant.co.za