Johrné van Huyssteen finalis in Huisgenoot-Tempo-toekennings

0
1776

Johrné van Huyssteen, aanbieder van Oppi Draadloos op OFM, is benoem as ’n finalis in die Radio-aanbieder van die jaar-kategorie by die jaarlikse Huisgenoot-Tempo-toekennings.
Johrné sê dié benoeming is een van die “Wow!”-oomblikke in sy loopbaan. “Ek is baie geëerd om saam met van die grootste name in Suid-Afrikaanse radio benoem te word. Die kompetisie is baie taai en ek doen ’n beroep op almal om vir my te stem.”
Om vir Johrné te stem, registreer aanlyn by http://tempo.huisgenoot.com/category/radio-aanbieder-van-die-jaar/. Die stemmery sluit op 12 Julie om 17:00.
Die Huisgenoot-Tempo-toekennings word jaarliks aangebied en bekroon die top rolspelers in die Afrikaanse vermaaklikheids- en mediabedryf.