Joghurt-spanspekslaai

0
2741

Joghurt-spanspekslaai
4-6 porsies

Bestanddele:
   
1 spanspek of papaja, geskil en in blokkies gesny
2 mango’s of piesangs, in skyfies gesny
250ml natuurlike joghurt
5ml  heuning
15ml gekapte vars ment
  Sout en peper na smaak
60ml geroosterde sesamsaad

Metode:

  1. Meng die spanspek en mango in ’n bak.
  2. Maak ’n slaaisous van joghurt, heuning, ment, sout en peper na smaak. Giet oor die slaai en sprinkel die sesamsaad oor.