


Die meisiespluimbalspan van die Hoërskool Jim Fouché het eerste geëindig op die onlangse SA kampioenskap. Die span bestaan uit Zoe Bezuidenhout, Liane de Beer, Johanita Scholtz, Jolene Bester en Christi-Mari Cloete.

Chandré Erasmus (M15), Hesmari Maartens (M17), Louis Botha (Junior Mans), Marli Kotzé (M17) en Carien Sander (M17) is ingesluit in die Vrystaatspan wat in September aan die SA Kampioenskap in George gaan deelneem.

Pierre Linde (o.17B-span) van JF is as ‘n bordpryswenner aangewys ná die onlangse Bloemfonteinse skaakliga.

Amoré Smith van JF het die derde plek behaal in die plakkaatkompetisie wat deur die SUT Hotelskool aangebied is.