JF-Drummieklub en Allrounders Tiles bring waterverligting

0
4734
Delarey Bakkes (JFDK-voorsitter), Francois de Wit (direkteur: Allrounders) en Dirk Nel (direkteur: Allrounders) by Kay-Leigh Liddle (Gr.3 – JFDK) en Alexa de Lange (Gr.4 – JFDK).

Die JF-Drummieklub (JFDK) het ‘n bydrae gelewer tot Allrounders Tiles se noodverligtingsinisiatief op Kroonstad deur op 30 Mei 250 liter water te skenk.
Allrounders Tiles spesialiseer in die verskaffing van teëls, teëlsement, voegbry (grout) en teëlafwerkings om te verseker dat projekte voltooi word met behulp van die korrekte toepassing van al die produkte.
JFDK ondersteun graag mense in nood. Een van JFDK se lede, Eloise Fivaz (13), se pa, Louis Fivaz, Ouma Kobie en Oupa Chris Kotze, is woonagtig in Kroonstad en het die dorp se nood onder die klub se aandag gebring. Delarey Bakkes, JFDK-voorsitter, sê: “Dis maar ‘n druppel in die emmer, maar elke druppel water kan iemand in nood help.”
JFDK wil ook ander trompoppies en die gemeenskap van Bloemfontein uitnooi om Kroonstad se mense te help. As mense water wil aflaai, kan hulle dit by Allrounders Tiles, Kolbelaan 30, Bloemfontein, doen gedurende besigheidsure. Kontak Allrounders Tiles vir meer inligting by 051-101-0750.