E Copy

Date:

JF bied jaarlikse JP Botha-byeenkoms aan

Altesaam 700 atlete van 40 skole regoor die land het die naweek aan die Hoërskool Jim Fouché se jaarlikse JP Botha-atletiekbyeenkoms in die Vrystaatatletiekstadion deelgeneem. Stella Nortier, die skool se atletiekhoof, het aan Bloemfontein Courant vertel wat so ’n byeenkoms vir die atlete en die stad beteken. “Dié soort byeenkoms wat ons aanbied, bied ’n kans vir elke atleet, en daarom gee ons erkenning tot en met die sesde plek.”

Die byeenkoms is genoem na die Vrystaatse atletieklegende JP Botha, wat al vir langer as 20 jaar met die skool verbind is en betrokke was by hul atletiekprogram. Nortier verduidelik die byeenkoms berei atlete voor vir die komende seisoen deur hulle in die ouderdomsgroep van ’n jaar ouer te laat deelneem. “Die atlete weet waaraan om te werk vir die volgende seisoen,” sê sy.

“Ons mikpunt is om atlete te motiveer om deel te neem en hul talent te wys terwyl hulle dit geniet,” sê Nortier. Sy beklemtoon dat die byeenkoms ’n diverse groep sportlui byeenbring, insluitend topatlete, deeltydse atlete en laerskoolatlete. Volgens haar beteken so ’n byeenkoms baie vir die leerlinge, aangesien hulle erkenning ontvang vir hul harde werk.

Boonop doen die atlete waardevolle ervaring op deur te kompeteer met mededingers van buite hul stad en streek. “Dit bied ’n ander soort mededinging. Dit is beter vir die atlete om te sien daar is ander talent ook daar buite, wat die kompetisie sterker maak,” verduidelik Nortier.

Oranje Meisieskool (41) het die meeste medaljes ingepalm, gevolg deur die gasheer, Jim Fouché, met 37, en die Hoërskool Sentraal met 34. Die Hoërskool Goudveld en Hoërskool Vryburg was die res van die topvyf. Danksy ’n fokus op insluiting, talentontwikkeling en ’n mededingende gees bly die JP Botha-atletiekbyeenkoms ’n hoogtepunt op die atletiekkalender. Dit inspireer jong atlete om hul beste te gee en voor te berei vir toekomstige uitdagings.

 

Warren Hawkins
warren@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Ramaphosa cautions employers on hiring undocumented workers

President Cyril Ramaphosa has cautioned employers that hiring undocumented...

SANRAL’s N1 upgrade in FS to improve road network, create jobs

The South African National Roads Agency SOC Limited’s (SANRAL)...

Mangaung gears up for the festive season

As the festive season approaches, the Mangaung Metro Municipality...

Reckless driving: Bylaws under review

Over the past year, Mangaung has experienced an increase...