Japtrap-resepte vir werkende mense (Murgpampoentjie-kruieterrien, Gemarineerde groenteslaai)

0
1748

Murgpampoentjie-kruieterrien

Bestandele
   
1kg vars murgpampoentjies
15ml sout
50g botter
4 groot eiers
300ml dik room
30ml fyngekapte vars kruie soos pietersielie, orego en salie
  Knippie rooipeper
  Varsgemaalde swartpeper

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ‘n klein aluminiumfoelie-/gewone broodpannetjie met botter of kookolie. Voer pannetjie met waspapier uit.
  2. Rasper die murgpampoentjies en besprinkel met sout. Laat ‘n uur lank staan. Dreineer en gooi die vloeistof weg. Spoel die murgpampoentjies onder lopende water af en druk droog.
  3. Smelt die botter en roerbraai die murgpampoentjies vir10 minute tot sag. Roer gedurig. Laat afkoel.
  4. Klits die eiers en room saam en voeg die kruie, geurmiddels en murgpampoentjies by. Meng goed en skep in die voorbereide pannetjie. Bedek en plaas in ‘n oondbak halfpad gevul met warm water. Bak 1¼ uur tot ferm.
  5. Laat afkoel en plaas in yskas. Sit voor met uie-marmelade en gemarineerde eiervrug. Hierdie terrien kan ook 1-2 dae voor die tyd gemaak word.
  6.  

Gemarineerde groenteslaai

Bestanddele
   
1kg        vars groente soos blomkool, broccoli, soetrissies, murgpampoentjies, rooikool,
        gemarineerde sampioene en dwergmielies
50ml       olyfolie
        Geurmiddel vir geroosterde groente of gegeurde seesout
100g       fetakaas

Metode

  1. Sny die groente in ewe groot stukke en plaas in mikrogolfbestande bak. Meng die olyfolie by en besprinkel na smaak met geurmiddel.
  2. Mikrogolf by 100% krag tot net gaar, maar nog effe bros – ongeveer 7 minute of na gelang van die soort groente. Roer elke nou en dan.
  3. Laat afkoel tot kamertemperatuur of effe lou. Krummel die fetakaas oor. Sit voor met ‘n slaaisous van jou keuse.
  4. Gebruik gemarineerde sampioene as bestanddeel en slaaisous van hierdie slaai.