Jansen: UV het half miljard rand beskikbaar vir projekte

0
574

Lani Fouché

Die Universiteit van die Vrystaat het meer as ‘n half miljard rand beskikbaar om vanjaar aan spesiale projekte en navorsing te bestee.

Só het Kovsie-rektor, Jonathan Jansen, vanoggend by die universiteit se amptelike openingsfunksie op die Bloemfontein-kampus aangekondig. Hy sê nog nooit was daar meer Nasionale Navorsingstigting-gegradeerde navorsers by die UV as nou nie, en daar was verlede jaar ‘n reuse-groei in die onderskeie fakulteite se navorsingspublikasies.

Hy het UV-personeel geloof vir hul bydrae om Kovsies binne vier-en-‘n-half jaar om te swaai.

"Ek onthou my eerste dag op kampus goed – daar was ‘n slegte atmosfeer en daar was verdeeldheid.  Almal was kwaad, ‘n mens kon nie ‘n grappie maak of oor iets lag nie.  Dit was natuurlik kort na die Reitz-sage.  Maar vandag lyk dit heeltemal anders, ek moet soms met my kar stop as ek op kampus ry om seker te maak ek sien reg!  Dis wonderlik om te sien hoe studente en personeellede mekaar se geselskap geniet."