Jansen: ‘Dit maak nie sin om moedertaalonderrig te ontvang nie’

0
761

LANI FOUCHÉ

Kovsie-rektor Jonathan Jansen sê dit maak nie sin om moedertaalonderrig te ontvang nie, omdat daar nie bewyse is dat dit ‘n positiewe impak het om die leeruitkomste van die leerlinge nie.

Die vise-kanselier van die Universiteit van die Vrystaat se kommentaar kom nadat hy hewige reaksie ontlok het nadat koerantberigte hom aangehaal het in ‘n toespraak oor Engels as ‘n gemene taal in onderrig en rasseversoening.

Hy het aan Courant gesê hy is ‘n kampvegter vir Afrikaans, maar erken ook die waarde wat Engels vir onderrigdoeleindes en transformasie kan hê.

"Dit sal baie beter wees om te doen wat Namibië gedoen het en dit is om die kinders so vinnig as moontlik in Engels klas te gee, verkieslik vanaf graad een, sodat hulle nie die twee klappe kry nie.  Die een klap is swak moedertaalonderrig, en tweedens swak onderrig in die vakgebied."

Hy sê Engels kan ‘n groot rol in bymekaarkom vas verskillende kultuurgroepe speel.

"’n Kind wat kom uit KwaZulu-Natal wat nog nooit ‘n woord in Afrikaans gehoor het nie, en ‘n kind wat kom van Lesotho, of Spanje, of waar ook al na ons universiteit toe… die enigste taal wat hulle deel met Afrikaanssprekende studente is Engels.  Nou kom ons gebruik daai taal om positiewe verhoudings te bou tussen studente."