Jan klim sy boontjie-rank in die Scaena

0
993

Jack and the Beanstalk is vanjaar se eerste produksie vir kinders aangebied deur die Universiteit van die Vrystaat se departement vir drama- en teaterkuns. ‘n Vars oorvertelling van die tydlose verhaal is spesifiek daarop gemik om ‘n nuwe generasie jongelinge te vermaak met dieselfde storie wat ma en pa destyds liefgehad het. Hard aan die werk agter die skerms van hierdie komedie vir jonger gehore is die energieke talent van ‘n lewendige groep dramastudente. Regie word behartig deur Walter Strydom (bekend vir produksies soos die Boere Manie-reeks, Een Kleine Lientjie en Robin Hood) en vier nagraadse dramastudente spog met hul ontwerptalente. Jack and the Beanstalk is van 6 tot 9 Mei op die planke in die Scaena-repitisielokaal, UV-hoofkampus.
Die vertoning op 6 Mei begin om 15:00, op 7 en 8 Mei om is daar vertonings om 11:00 en 18:00, en op 9 Mei om 11:00.
Kaartjies kos R25 en is by Computicket beskikbaar.