E Copy

Date:

Jacus Krige-gedenkkonsert in Bloem gehou

'n Verskeidenheid van Bloemfontein se voorste musici sal optree tydens 'n konsert wat ten bate van Jacus Krige op Woensdag, 18 November in die St Michael's Chapel aangebied word.

Jacus het bekendheid as musiekregisseur en komponis verwerf. Hy was dosent in jazz en saksofoon by die College of the Arts in Windhoek. Hy was die seun van Dr Petrus Krige en laat sy vrou, Marina, en hul tien maande-oue baba, Ariné, agter.

Die program bevat 'n wye verskeidenheid van items. Instrumente soos blokfluit, virginaal, Engelse horing, fagot, koorsang, solosang, kitaar en klavier sal aangebied word. Hoogtepunte op die program, is die Odeion Vocal Consort, onderleiding van Lance Phillip, wat werke van Purcell en Cavalli sal voordra. Die program word afgesluit deur Johan Cromhout en Brigitte Botha, wat baie gewilde werke vir klavierduet gaan voordra, soos Invitation to the Dance van Weber en Allegro Brillante van Mendelssohn.

Die doel van die konsert is om 'n bydrae te maak vir Jacus se mediese koste. Nou, ná sy dood, is sy vrou, Marina, verantwoordelik vir groot mediese rekeninge. Afgesien van loket-inkomste by die deure, kan donateurs ook kontantbydraes maak. Die kunstenaars tree ook almal sonder vergoeding op.

In Mei vanjaar is die graad MMus in komposisie deur die Universiteit van Kaapstad met onderskeiding aan hom toegeken. Ten tyde van sy dood was hy besig met 'n opdragkomposisie vir simfonie-orkes en koor, vir die vyftigjarige herdenking van die Swakopmund Musikwoche in Desember 2015. Hy wou dit baie graag voltooi, toe hy begin siek word het.

Jacus is in September 2014 met limfoom gediagnoseer. Begin Augustus 2015 is hy vir behandeling vanaf Windhoek na Kaapstad oorgeplaas. Op 21 Augustus is hy egter op versoek na Bloemfontein oorgeplaas, waar hy by Mediclinic behandel is tot met sy dood op 6 Oktober.

Op 9 Oktober is daar 'n soortgelyke konsert by die College of the Arts in Windhoek gehou ter ondersteuning van Jacus se mediese koste. Toegang by die St Michael's Chapel op vandag om 19:30 teen R100 en R50 vir pensioenarisse, kinders en studente is by die deure beskikbaar.

Share post:

Popular

More like this
Related

Ondersteun Corban se stamselbehandeling

Corban Pretorius is op die ouderdom van 18 maande...

‘Robin in the Hood’ brings laughs and magic to the Rabbit Studio stage this June

Xander Art Productions, in association with The Rabbit Theatre...

Local short film ‘Vultures’ shines at Cannes

A local short film, “Vultures”, has soared to international...

PROMOSIE: ’n Kwarteeu van kuns en kultuur: Vrystaat Kunstefees vier 25 jaar

In die hart van die Vrystaat vier die Vrystaat...