Jacob gestrand sonder rolstoelbattery

0
1551
Jakob Louw

Jakob Louw, ‘n inwoner van die Jean Webber-tehuis wat al vir 24 jaar daar woon, het ‘n groot behoefte aan ‘n nuwe battery vir sy rolstoel.

Die battery is feitlik heeltemal dood en dit maak dat hy baie moeilik kan beweeg en sukkel om klein dingetjies vir homself te doen soos bv. inkopies te doen. Dit is vir hom ‘n groot frustrasie.

Hy vertel, “Ons moet huur betaal om in die tehuis te bly en die geldjies wat ons maandeliks kry, is hopeloos te min vir ‘n nuwe battery.” ‘n Nuwe battery kos ongeveer R3200 en Louw hoop dat daar iewers iemand is wat kan kan help.

Donasies vir ‘n nuwel battery vir Louw se rolstoel sal baie welkom wees.

Louw se nommer is 073-604-5264.

Heidre Malgas

heidre@mahareng.co.za