Jaco Jacobs wen medalje met Grom

0
443

Op 13 April 2018 het die Akademie vir Wetenskap en Kuns aangekondig dat die jeugskrywer, Jaco Jacobs, bekroon gaan word met die Tienie Holloway-medalje vir Kleuterliteratuur vir sy boek, Grom.

Die medalje word drie keer per jaar toegeken aan die skrywer wat die beste werk in Afrikaans gelewer het in die genre van kleuterliteratuur.

Die kreatiewe  ïllustrasie van die boek is deur Karen Lilje gedoen. Die ATKV het ’n deel van die prysgeld geskenk, maar was nie betrokke by die toekenning van die prys nie. Jaco Jacobs en Karen Lilje is albei in 2017 vereer met ’n ATKV-Woordveertjie vir Grom. Dié prys is deur kinderlesers aan hulle toegeken. Met die ontvangs daarvan het Jacobs gesê dat sy eie dogtertjie se oggendgromme hom geïnspireer het om die boek te skryf.

Die boek handel oor Emma, ’n dogtertjie wat nie daarvan hou om op te staan nie. Sy grom vir haar ouers wanneer hulle haar wil wakker maak. Toe, een oggend, toe sy in die spieël kyk, het sy snorbaarde en kolle oral oor haar lyf!

Die kinderboek is vir ouderdomme 3+ en die prys is R135. Grom is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012-401-0700 of besoek die webblad: www.lapa.co.za.

ZILKE PRINSLOO