Ixias stuit Shimlas en Crusaders deur

0
Ixias stuit Shimlas en Crusaders deur

GEORG VAN ECK

Ixias het Vrydag ’n opskudding veroorsaak deur Shimlas se segetog in die Vrystaatse rugbyklubliga om die Stad- en Rowanbeker te beëindig, terwyl Crusaders die eerste span geword het om vir die 2014 Cell C Gemeenskapsbeker-kompetisie te kwalifiseer deur Tjisas 46-17 te klop.

In die derde wedstryd het die Irawas gewys dat hulle ook nog in die wedloop om die Stadsbeker is deur Bloemfontein Polisie 86-10 af te ransel.
Ixias was duidelik hongerder as die Shimlas in die SUT-stadion en het met samespel en planmatigheid swakhede by die Shimlas uitgebuit. Die feit dat Ixias een van hul drieë gedruk het, terwyl hulle net 14 man op die veld gehad het, wys hulle het verdien om 22-17 te wen.

Kombinasies en samespel speel ’n groot rol in rugby en dit is waar Shimlas tekort geskiet het. Met Kevin Luiters, wat op skrumskakel onder druk geplaas is deur sy direkte teenstander Stefan Griesel het hy en Pieter-Steyn de Wet aanvanklik gesukkel om aan die gang te kom. Griesel was saam met Ixias se losskakel, Naudé van Biljon, twee van Ixias se groot uitblinkers.
Shimlas het ’n nuwe lostrio en senterpaar ingespan en in die los kon Frans Sisita, Mokoea Bolofon en Ruan Lombard hulle vir Ixias laat geld.

Vir Shimlas het hul losvoorspelers De Wet Kruger, Gerrit Olivier saam met Ockie van Zyl, en die voorry, Elandré Huggett, Schalk van der Merwe en Carl van Heerden ‘n barshou gespeel, maar samespel het ontbreek, behalwe vir die kere toe Shimlas sterk gedryfmaal het.

Vir Ixias het hul voorry, Danie van der Merwe, Deon Gouws en Mauritz Henderson, meer as hul man gestaan, terwyl die onbeproefde slotpaar, Fanie Coetzer en Lyvette Shikwanbana, ‘n barshou gespeel het.
Dit is egter die agterspelers was die skaal in Ixias se guns geswaai het. Mhapelo Mpondon en Johan van Schalkwyk het sake in die middelveld oorheers, terwyl Duan Pretorius en Kholo Ramashala altyd gevaarlik was. Shimlas se snellers het min ruimte en kanse gekry.

Crusaders het aanvanklik stywe teenstand van die Tjisas gekry, maar het hul balbesit goed gebruik en veral Leroy Bitterhout het sy vaart uitstekend gebruik om twee van die wenspan se sewe drieë te druk. In die agttal het Anto van Heerden, Darius Viljoen en Herschel Johnson met mening vir Crusaders ingeklim, terwyl Randall Nelson baie balbesit in die los gegaps het.

Op heelagter het Griffon Colby nie net baie vir Crusaders met sy skopskoen beteken nie, maar ook goed aangeval. Vir Tjisas het Lomon van der Merwe en Jean Luc van Zyl saam met Kevin Pretorius die pap voor dik aangemaak, terwyl Louis Ntuka, Leon Pretorius en Jean Vos in die agterlyn goed gespeel het.

Ondanks die feit dat Irawas nie op volsterkte was nie het hulle maklik84-10 met Bloemfontein Polisie afgereken. Met Franco van der Merwe, Chase Morrison en Johan van Niekerk wat stewig in die voorry teen Polisie se swaar agttal gekrum het, kon die agterspelers baljaar.

Irawas se groot uitblinker was die veelsydige agterspeler Beyers naude. Hy het nie net al 12 sy span se drieë verdoen nie, maar ook een van die drieë gedruk vir ‘n bydra van 29 Punte. Louw het as senter saam met Stephan Smith in die mideelveld en later op heelagter uitgeblink.

Die losvoorspelers Tyron Schultz, Ricvky van Straaten en Ruan van Rensburg het ook ‘n barashou gespeel. Die vleuel Paul Roderiques het0146m dre kuns aan drieë behaal.

Vir Polisie het Mike Taylor en Anton Smit saam met Francois Saayman en Shaun Rheeder enduit hard geprobeer.

Punte:
Ixias 22 (7). Drieë: Noël Marx, Johan van Schalkwyk, Ruan Lombard. Doel: Duan Pretorius (2). Straf: Pretorius. Shimlas 17 (7). Drieë: Marco Mason, Elandré Huggett, Tertius Kriger. Doel: Pieter-Steyn de Wet.
Crusaders 46 (29). Drieë: Griffon Colby, Leroy Bitterhout (2), Jason Horne, Antonio van Heerden, Clint Carson (2). Doel: Griffin Colby (4). Straf: Griffin Colby. Tjisas 17 (17). Drieë: Jean Vos, Kevin Pretorius, Doel: Vos (2). Straf: Vos.
Irawas 84 (35). Drieë: Paul Roderiques (3), Beyers Naudé, Stephan Smith, Cameron Jacobs, Tyron Schultz, Melville Gravitte, Francois Jones (2), Kay-Kay Hlongwane, Earl Snyman. Doel: Naudé (12). Bloemfontein Polisie 10 (7). Drie: Frankie Ferreira. Doel: Bennie Gouws. Straf: Gouws.

No posts to display