Ixias kan trots wees

0
565
Die was hartbreek vir die Ixias toe hulle Dinsdagaand met 35-32 teen die NWU Eagles vasgeval het en uitgemis op 'n plek in die Varsitybeker halfeindrondte FOTO: VARSITYBEKER Photo: Christiaan Kotze/ Varsity

The Sentrale Universiteit vir Tegnologie Vrystaat se uitmuntende Varsitybekerveldtog in iets van die verlede en die span van Bloemfontein kan ongelooflik trots wees met hul vertonings, ten spyte daarvaan dat hulle net-net, vir die eerste keer, ‘n plek in die halfeindronde misgeloop het.

Die Ixias het Dinsdagaand met 35-33 teen die Noordwes Universiteit Eagles vasgeval. Slegs twee punte het die Bloemfonteiners ontneem van ‘n halfeindstryd teen die onoorwonne Universiteit van Kaapstad Ikeys.

Dit moet egter genoem word dat die span van Potchefstroom hul geleenthede tydens Dinsdag se ‘kwarteindstryd’ in Pretoria beter benut het, terwyl die Ixias se dissipline hul op die verkeerde tyd van die toernooi in die steek gelaat het.

Dit gesê, die Ixias se 2021-veldtog was hul beste nog, en hulle het as ‘n span saam besonderse mylpale bereik. Hulle het vir die eerste keer die vyfmalige kampioene, die Univeristeit van Stellenbosch Maties getroef, asook die gashere, die Univeristeit van Pretoria Tuks. Daarby het hulle vir ‘n derde jaar in ‘n ry koning gekraai in die Bloemfontein-buurstryd deur die Universiteit van die Vrystaat Shimlas te klop.

Met nie minder as dertien positiewe Covid-19 gevalle in die speelgroep ná hul kragmeting teen die Maties nie, kan mens ook sê dat hulle as span die virus oorkom het.

‘n Silwer randjie vir die span is egter dat hul haker, Janus Venter, se naam in dié stadium in die rekordboeke sal verskyn. Die woelige Toyota Cheetahs-haker spog ná Dinsdag se wedstryd met die meeste drieë nog deur ‘n speler in ‘n Varsitybeker-reeks. Venter het twee keer teen die Eagles oor die doellyn gaan kueir, en sy rekord tot twaalf geneem. Die vorige rekord was tien drieë deur die Skotland-vleuel, Duhan van der Merwe, wat van aanstaande maand af weer in Suid-Afrika sal wees saam net die Britse en Ierse Leeus. Vier van Venter se drieë is ook gedruk tydens die kragmeting teen Tuks. Die enigste ander speler wat met daardie prestasie kan spog, is die oud-Grey-haker, en seun van die Vrytstaat legende, André Venter. André-Hugo Venter het vier keer vir die Maties teen die Universiteit Wes-Kaapland gedruk.

In hierdie stadium het minstens drie van die Ixias-spelers ook professionele kontrakte losgeslaan. Janu Botha (Griekwas) asook Cohen Jasper en Zinedine Booysen (albei Cheetahs) sal nou as beroepspelers by hul onderskeie spanne aanmeld.

Hoewel die nederlaag teen die Eagles wonde laat, kan die groep spelers van Bloemfontein hul koppe hoog hou en ‘n mens kan nie wag om hulle weer aanstaande seisoen in aksie te sien nie. – MORGAN PIEK