Ixias en Shimlas se kapteins reg en positief

0
2734

GEORG VAN ECK

Die twee nuwe rugbykaptein van onderskeidelik die Shimlas van die Universiteit van die Vrystaat en Ixias van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie het ’n gedugte taak, maar albei is vol vertroue vir die FNB Varsitybeker en –skildreeks wat vroeg aanstaande jaar begin.

Ixias verdedig die FNB Varsityskild, wat die span van Bloemfontein vanjaar onoorwonne verower het en as die Ixias onder leiding van hul nuwe kaptein Kholo Ramashala die titel suksesvol verdediging, speel die span in 2015 in die FNB Varsitybeker-reeks.

Ramashala neem oor by Inus Kritzinger, wat ’n kontrak met die Griffons gesluit het. Die Ixias se afrigters, Skillie Bester en Jan du Toit, het besluit om Ramashala die nuwe leier te maak ná sy uitstekende spel en leierskap tydens die USSA-toernooi, wat Ixias ook onoorwonne voltooi het.

Ramashala, oud-leerling van Queen’s College, het op sy dag vir Grens se en studeer Finansiële Inligtingstelsels aan SUT. Hy kan as heelagter of vleuel ingespan word.

RAMASHALA: “Daar is leemtes gelaat deur die manne wat uitgetree of weg is. Ek glo ons het die talent om dit te vul.

“Die span gaan onder groot druk as kampioen wees, almal ‘will be gunning for us’, maar ons werk hard om dit te verhoed.

“Die grootste bedreiging gaan waarskynlik van UKZN (Impey) kom. Hulle het ’n nuwe afrigter in die oud-All Black van die Leeus, John Mitchell en ’n afrigter het ’n groot invloed op ’n span se spel.

“Dit is presies wat vanjaar met ons gebeur het. Met Jan du Toit en Skillie Bester as nuwe afrigters het ons nuwe hoogtes bereik. Ons is oorgehaal vir hulle. Ons is vir niemand bang nie,” het hy verduidelik

HUGGETT: Die veelsydige en vurige Elandre Huggett, wat haker en flank kan speel en ook in die posisies op hoë vlak vir die Toyota Vrystaat Cheetahs uitgedraf het, is volgens Shimlas se hoofafrigter, Michael Horak, die versinnebeelding van ’n ware Shimla.

Hy het reeds op skool aan die Hoërskool Pionier in Vryheid Noord-Natal in die twee posisies gespeel en sy spel herinner sterk aan die woelige Westelike Provinsie-kaptein Deon Fourie. “Deon Fourie is juis een van my rolmodelle en ek probeer net so doeltreffend soos hy op die veld te wees,” het hy verduidelik.

Huggett studeer Komunnikasiekunde aan Kovsies en het al vir die Vrystaat o.21-span, Vodombeker- en Curriebeker-span in albei posisies diens gedoen.

Huggett glo ook dar die ervaring wat van hul spelers soos Freddie Ngoza en Oupa Mohoje op hoër vlak opgedoen het, sal die Shimlas help as hulle beskikbaar is.

Dieselfde geld spelers soos hyself, asook Gouws Prinsloo, Nick Schonert en Joubert Engelbrecht en ander spelers wat ervaring in die Curriebeker-reekse opgedoen het. Jonger spelers soos Jacques du Toit en Luan de Bruin sal die moontlike leemtes in Shimla-geledere met sukses kan vul.