Inwoners maak eie buurt skoon

0
430
Van die inwoners wat op Saterdae help skoonmaak. FOTO: HENNIE VAN NIEKERK

Inwoners van Universitas, onder die naam “Universitas in Aksie”, het die afgelope drie weke op eie inisiatief begin om self die buurt se strate skoon te maak en rommel te verwyder. Die groep inwoners kom byna elke Saterdag bymekaar om iewers skoon maak. Ouers neem hulle kinders saam om deel te wees van die rommelverwydering.

Astra Towing het die kleuterpark in Gunnstraat “aangeneem” en het dit lyk sommer al baie beter daar. Hulle het ook die sirkel in President Paul Krugerlaan netjies gemaak. Die bome om die sirkel is gesnoei en die groep wil probeer om die fontein weer te laat werk.

Volgens DA-lid, Tjaart van der Walt, is die oop suk grond langs Wynand Moutonrylaan, onder leiding van Ronel Moorcroft, deur ‘n groep inwoners aangeneem en word dié stuk grond deur hulle skoon gehou.

Baie besighede, waaronder KPA, het ook begin om saam met inwoners sypaadjies te begin skoonmaak om hul bydrae tot die gemeenskap te maak.

Huiseienaars het ook uit hul eie strate en sypaadjies skoongemaak. Johan Coertzen het die middelman in Bellstraat aangeneem en skoongemaak. Lidmate van die NG kerk het Van Schalkwykstraat en ‘n deel van De Bruynstraat hul verantwoordelikheid gemaak.

Die afgelope naweek het inwoners van Universitas weer hul swart sakke gegryp en die sypaadjie in Koos van der Walt asook die ingang na Universitas-Rif getakel.
“Die inwoners van Universitas maak amper elke Saterdag skoon. Volgende Saterdag sal dit by die oop stuk grond in Ryno Kriellaan wees,” sê Van der Walt.

Heidre Malgas

heidre@mahareng.co.za