Christal-Lize Muller
Die tradisionele intervarsity wat verlede jaar die 70ste keer tussen die Universiteit van die Vrystaat en die Noordwes-Universiteit plaasgevind het, is vanjaar afgelas.
Kovsie-woordvoerder, Lacea Loader, het uit Toronto in Kanada aan Courant bevestig die intervarsity is vanjaar gekanselleer.
Sy sê die besluit kom nadat Kovsies se sentrale studenteraad bekommerd was oor die beduidende impak wat die bestaande Varsity Cup en Varsity Sports-reeks op die tradisionele intervarsity het. Die twee universiteite ding reeds saam met ander instellings in verskeie sportsoorte in die reeks mee.
Die intra-varsity tussen die UV se Bloemfontein- en Qwaqwa-kampus vind vanjaar van 8 tot 9 Augustus op die Bloemfontein-kampus plaas.
Loader sê Kovsies se SR sal dan met nuwe voorstelle kom om die intervarsity volgende jaar in ‘n nuwe formaat aan te bied.