Interne ondersoek kom ná ontsnapping van misdadigers

0
645

Die departement van Korrektiewe Dienste in die Vrystaat het reeds begin met ‘n interne ondersoek na die ontsnapping van twee uiters gevaarlike misdadigers vroeër die week. Twee gevangnes, Theodorus Botha en Johannes Pheko het Dinsdagmiddag uit die Goedemoed-gevangenis naby Rouxville ontsnap. Polisiewoordvoerder, Zweli Mohobeleli,  het gesê albei het  lewenslange tronkstraf uitgediens weens verskeie ernstige misdrywe soos moord en verkragting. Hulle het na bewering ‘n bewaarder oorrompel en met sy vuurwapen en ‘n motor op die vlug geslaan. Een van die voortvlugtigdes het vanmiddag ‘n bekende argitek in die stad gekaap. Adjunk-streekkommissaris, Grace Molatedi, sê die departement ondersoek die omstandighede wat gelei het tot die ontsnapping. Sy sê indien daar gevind word dat amptenare nie die regulasies met die bestuur van gevangenes nagekom het nie, gaan daar teen die betrokke amptenare opgetree word. – Cathy Dlodlo