E Copy

Date:

Internasionale eer vir skrywer Jaco Jacobs

Bekende skrywer van kinderboeke in Suid-Afrika, Jaco Jacobs, is opgewonde oor die verkoop van die wȇreldwye regte vir die Engelse vertaling van sy boek ‘n Goeie dag vir boomklim.

“ ’n Mens sit altyd so alleen en skryf en dink nooit aan wat jou boek gaan word nie, maar die gevoel is lekker en ek is só verbaas,’’ het Jaco vanoggend aan Bloemfontein Courant gesȇ

Jaco, wat geen bekendstelling nodig het nie, skryf in Afrikaans, maar een van sy boeke gaan eersdags regoor die wȇreld in Engels gepubliseer word.

Die keuring is deur ‘n paneel Britse kinderboekvertalers en kenners in die kinderboekbedryf gedoen. Die boek moes aanklank vind by die Britse kultuur.

Die vier boeke wat gewen het, het oorspronklik nie uitgewers gehad om dit in Engels te vertaal nie, en die skrywers moes wag op ‘n uitgewer. Die geluk was aan Jacobs se kant om die eerste skrywer te wees wie se boek ‘n uitgewer gekry het. Sy uitgewer is Oneworld Publications.

Hierdie eerbewys gee nou aan Oneworld Publications, ‘n Man Booker Prize-wenner, die kans om Jaco se boek in Engels en moontlik ook ander tale te vertaal. – Jeretha Oosthuizen

info@bloemfonteincourant.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State Premier to deliver annual address at Traditional and Khoi-San Leaders’ House Opening

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae is set to deliver...

Wanneer ’n Groot Boom Val! – ’n Roerende huldeblyk aan onderwysers

Die invloed van onderwysers op die lewens van hul...

William Hlakoane to receive Honorary Doctorate from CUT

The Central University of Technology, Free State (CUT) will...

Department of Home Affairs unveils major upgrade

The Department of Home Affairs has announced a significant...