Inskrywings vir Bloemskou se skoonheidskompetisies nou oop

0
121

Inskrywings is reeds oop vir die 2020-weergawe van Bloemskou en eModels se jaarlikse reeks skoonheidskompetisies. Jong skoonhede kan deelneem in die volgende kategorie: Kleine Mej. Daisy (3-5 jaar), Kleine Mej. Bloemskou (6-10 jaar), Mej. Tiener Bloemskou (14-17 jaar), Mej. Windmill Bloemskou (18- 25 jaar).

Luidens ‘n verklaaring kan inskrywings gedoen word by eModels (bloemshow@emodelsa.com) of by die Bloemskou-kantore. Inskrywings vir elkeen van die 4 kategorieë kos R100 per persoon. Inskrywings sluit op Vrydag 15 November 2019 om 13:30.

“Die top drie in elke kategorie wen vanjaar groot kontantpryse wat geborg  is deur die Bloemskou.  Talle geskenkbewyse van R5 000 tot R18 000, is ook op die spel,” lui die verklaring.

Die uitdunne vir die kompetisies sal soos volg geskied:

  • Kleine Mej. Daisy en Kleine Mej. Bloemskou is op 20 November 2019 om 18:00.
  • Mej. Tiener Bloemskou en Mej. Windmill Bloemskou is op 21 November 2019 om 18:00.

Navrae kan gerig word aan Jeanre van eModels by 084 809 3663 of bloemshow@emodelssa.com. Belangstellendes kan ook die Bloemskou-kantoor by 051 448 9894 of www.bloemskou.co.za kontak.

info@bloemfonteincourant.co.za