Inrypartytjie ’n eerste vir baie

0
347
William Wolf FOTO: Leani Photography

‘n Ervaring wat ‘n eerste vir baie mense sal wees, is vir seker die “Party in the Car Park”, ‘n opelugkonsert by Prellerplein wat aangebied word deur gevierde tutor en liedjieskrywer, William Wolf.

“Ek wou nog altyd bydrae tot die kultuur t.o.v. lewende optredes in Bloemfontein maak. In die groot stede is mense baie meer gewoond aan gereelde, hoëfrekwensie-, hoëgehalte- lewende uitvoerings. Ek dink mense is uitgehonger daarvoor, spesifiek in die tyd van die Covid-19-pandemie,” sê Wolf.

Daar is ‘n paar jong opkomende kunstenaars wat optree as voorskou vir Wolf se optrede, onder andere Caillin Labuschagne, Dawie Fourie, Carla Franco, en Wesna.

Wolf voel dat dit belangrik is vir almal, gegewe die afgelope jaar se inperking, om weer ‘n bietjie uit te kom, te ontspan en goeie musiek te geniet. ‘n Geleentheid soos hierdie dra by tot Bloemfontein se kultuur. Hy voeg by dat dit ‘n baie lekker aand gaan wees en dat almal kan uitsien daarna.

Prellerplein is betrokke by die konsert deur verskaffing van die venue, Bob’s Gourmet Milkshakes gaan kos maak op die aand, The Blue Gem Restaurant gaan sorg vir lekker drinkgoed met hul pop-up-bar en Vida e Caffe sal sorg dat daar lekker warm drankies is om te geniet.

Die kaartjies teen slegs R60 is beskikbaar by Vide e Caffe, Bob’s Gourmet Milkshakes, Zatara Property Group asook The Blue Gem Restaurant. Daar sal ook kaartjies op die aand beskikbaar wees by die toegangshekke. Slegs 250 kaartjies beskikbaar.

“Ons hoop om ten minste een keer elke twee maande ‘n groot kunstenaar uit te nooi om saam met ons te kom ‘Party in The Car Park’,” sê Wolf.

Party in the Park begin om 16:00 op 31 Maart 2021 by Prellerplein, Dan Pienaar, by Checkers se dakparkering.

Heidre Malgas

heidre@mahareng.co.za