OWEN KOCK
Die gedeelte van die Groenpunt maksimum gevangenis waar die gehardste misdagigers aangehou word, is nie geskik vir dié doel nie. Vincent Smith, voorsitter van die parliamentêre portefeulje-kommitee vir korrektiewe dienste, sê die infrastruktuur by die gevangenis buite Deneysville in die Vrystaat in nie op standaard nie. Smith sê die gebou self is baie oud, en as dit voortaan as maksimum gevangenis gebruik word, sal die struktuur hersien moet word. Hy sê die tronk is ingerig om 1 100 gevangenes te huisves, maar 1 500 word daar aangehou. Smith glo die departement van openbare werke moet betrek word om die tronk se struktuur te hersien:
Gevangenes by Groenpunt het verlede week dele van die tronk aan die brand gesteek uit protes teen die omtandighede by die tronk.