In antwoord op die brief “Die son het g’n kwaad” (Courant 29/11)

0
1784

Dit is jammer dat jy nie jou huiswerk gedoen het voordat jy hierdie stellings gemaak het nie. Meeste velkankers word eers op ’n latere ouderdom opgespoor. Jy sal verbaas wees hoevel mense 45 en ouer een of ander vorm van velkanker het. Ja, dit kan uitgesny en afgebrand word, maar dan sit jy met merke opvouvel. Daar is verskillende velkanker tipes, die wat baie gevaarlik is en die wat minder gevaarlik is.

Die probleem is dat melanoom kanker onder jong mense toeneem, en dit is ’n baie agressiewe vorm van velkanker. As dit nie betyds opgespoor word nie, is dit dodelik. So my raad aan jou is, maak seker jy gebruik sonskerm, dra ’n donkerbril en hoed. Besoek ’n dermatoloog een keer per jaar om jou beauty spots en moesies te ondersoek. As jy self enige verandering in ’n moesie of beauty spot opmerk, raadpleeg ’n dokter dadelik.

Dit is waar melanoom kankers opgespoor word. Wees son-slim. En dan natuurlik hou ons duimvas dat jy nie eendag soos Brigitte Bardot lyk nie (google maar, dink sy is voor jou tyd). Vra maar vir baie vrouens 40 jaar en ouer wat wens hulle het hierdie informasie as jong mense gehad of wens hulle het geluister, want dan het hulle nie soveel geld spandeer om hulle velle jonger te laat lyk nie. Wees net bewus van die gevare en onthou alles in matigheid. En wees dankbaar vir die media wat bewusmaking doen, dit help in ons geveg teen kanker.
TANIA MCKAY – KANSA