Iere klop Rooi Drake in Dublin

0
605

Die kans dat daar vanjaar ’n nuwe kampioen in die Sesnasie-rugbyreeks gekroon gaan word, is uitstekend.

Die vurige Iere het die huidige kampioen, Wallis, oortuigend 26-3 in Dublin geklop. Die Rooi Drake het in Dublin geen teenvoeter vir die Iere se aanvallende spel gehad nie. Dit en die akkurate stelskopwerk van Jonathan Sexton het verseker dat die Iere op die wenpad bly.

Die Hane van Frankryk is ook nog op die wenpad nadat hulle Italië in die Stade de France in Parys 30-10 geklop het. Italië se agttal het die Frane harde bene laat kou.

Ierland en Frankryk is nou die enigste onoorwonne spanne in die reeks.

Engeland het het vergoed vir sy nederlaag verlede week teen Frankryk toe hy Skotland op ’n nat veld ore aangesit het. Anders as die Iere was Engeland se oorwinning van 20-0 op Murrayfield in Edinburg oor die Skotte nie so oortuigend nie

Uitslae van opwarmingswedstryde in Suid-Afrika is:  Stormers 40 Kings 9; Haaie 57 Leeus 14.