Hulp aan vroue ná borskankeroperasies

0
681
Ilse Jordaan, wat die afgelope 20 jaar vroue help om  vol lewe te lei ná  borsoperasie. FOTO: HEIDRE MALGAS

Oktober is borskankermaand en vroue wat teen borskanker veg of reeds die stryd gevoer het, moet met baie dinge vrede maak. Dit aldus Ilse Jordaan, wat die afgelope 20 jaar vroue help om ‘n vol lewe te lei na ‘n borsoperasie.

Dié Bloemfonteinse dame het aan Bloemfontein Courant gesê baie vroue kom uit die hospitaal en weet nie dat daar hulp is nie. Deur die regte bra, wat balans verseker, te dra, kan hulle weer gemaklik voel en besef hul klere pas soos hulle dit van voor die operasie onthou.

Jordaan sê dat baie trane al in haar werkplek gevloei het omdat van die vroue hulself daar vir die eerste keer sien ná ‘n borsoperasie. Daar was egter ook baie gelukkige oomblikke nadat sy hulle kon help. Sy glo dat die proses waardeur sy dié vroue neem, deel is van ‘n  gesondwordperiode.

Jordaan vertel dokters laat haar weet wanneer ‘n vrou ‘n  borsverwyderingsoperasie ondergaan het. Sy gaan besoek dan die pasiënt in die hospitaal. “Ek verduidelik dan hoedat die borsprostese en spesiale, baie mooi mastektomie-bra’s vir vroue met borskanker kan werk.”

Die mastektomie-bra word deur American Breast Care (ABC) vervaardig om spesifiek aan vroue weer die vertroue en buigsaamheid te gee wat hulle verdien. Jordaan is die verskaffer daarvan. “Ek het groottes om elke vrou te pas. Daar is ook ‘n gym-bra vir dié vroue wat steeds wil oefen; die borsprostese kom ook in verskillende vorme en is 42% ligter as ‘n  normale bors se gewig.” Sy is baie opgewonde oor die feit dat sy ook nou nagrokke en swemkostuums sal kan aanbied.

Sy sê dat sy ook aan vroue verduidelik wat volgende gaan gebeur in hul proses van genesing en hoedat hulle dit kan hanteer. Vroue wat graag met Jordaan wil kontak maak, kan haar bel by 082-377-8195.

Sazly Hartzenberg

sazly@centralmediagroup.co.za