Dit is die siening van die Hoof Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Nasionale Gebottelde Watervereniging (SANBWA), Charlotte Metcalf, wat Suid-Afrikaners wat op 16 September aan Wêreld Skoonmaakdag deelneem aanmoedig om na PET-herwinnaars soos PETCO te luister en te leer wat om te herwin en hoe om dit te doen.
Die belangrikste les volgens Metcalf is dat PET-bottels leeg moet wees – nie net van jou drank nie, maar leeg van ander afval soos sigaretstompies, pakkies ensovoorts – om herwin te kan word.
“Het jy geweet dat jou PET-bottel leeg moet wees om herwin te word?” het sy gevra. “Om PETCO aan te haal, sal ‘n PET-bottel met enige rommel binne beskou word as gekontamineerd vir herwinningsdoeleindes en na ‘n vullishoop gestuur word.
“Nog erger, vir elke bottel wat rommel bevat, sal 19 kg ander PET-bottels in dieselfde lot op die lopende band ook as gekontamineerd beskou word, deur die herwinningsproses verwerp word, en na ‘n vullishoop gestuur word. Dit beteken dat ‘n halfmiljoen PET-bottels per dag wat herwin sou kon word, verspil sal word, waardeloos sal wees en nie herwin sal word nie,” het sy bygevoeg. “So, maak seker jy het hierdie les geleer op Wêreld Skoonmaakdag. Hou die rommel uit jou bottel om jou bottel uit die rommel te hou, anders kan al jou pogings tevergeefs wees,” smeek Metcalf.
Metcalf het ook voorgestel dat, voordat Suid-Afrikaners vir “groenwassing” val, hulle ‘n kyk na SANBWA se eerlike beoordeling van die groen geloofsbriewe van PET-alternatiewe neem.
“PET word dikwels gekritiseer as die oorsaak van die plastiekafval wat ons omgewing besoedel. As gevolg daarvan is daar verskeie alternatiewe wat aan verbruikers, vervaardigers, kleinhandelaars, hoteleienaars en restaurauteurs verkoop word, insluitend afbreekbare plastiek, karton- of papierbottels of kartonne, blikkies en glasherwinning of hervulling.
“Maar, die oplossing is nie so eenvoudig as om PET met een van hierdie alternatiewe te vervang nie, maak nie saak wat die mense wat dit verkoop, sê nie. Hierdie is Suid-Afrika, en ons moet oorweeg hoe hierdie alternatiewe in ‘n Suid-Afrikaanse konteks werk, nie in Swede, Duitsland, Japan, Australië of die VK en VSA nie,” het Metcalf gesê.
Saamgestel deur Warren Hawkins






