E Copy

Date:

Hoop vlam weer op vir Cheetahs

“Hy was my beste vriend en as hy gelewe het, sou dit vir hom ‘n ongelooflike voorreg en eer gewees het om Saterdag se eindstryd te kon bywoon. Ek dink veral nou baie aan hom.”
So sĂȘ ‘n emosionele Jakes Jacobs, die Vrystaat-Cheetahs se nie-amptelike, lojaalste ondersteuner, wat reeds die afgelope 25 jaar op die oostelike paviljoen gesien kan word met sy unieke Cheetah-drag, voor Saterdag se Curriebeker-eindstryd op die Toyota-stadion. Hy sĂȘ Saterdag se wedstryd tussen die Vrystaat-Cheetahs en Blou Bulle sal spesiaal wees en opgedra word aan sy boesemvriend en mede-Cheetah-aanhanger, Honiball Marais, wat vroeĂ«r vanjaar oorlede is.

Dit het nege jaar gevat om weer hier uit te kom. Die spelers wat tans speel, ken mekaar.

“Dit het nege jaar gevat om weer hier uit te kom. Die spelers wat tans speel, ken mekaar. Daar is geen beserings nie en hulle speel vir mekaar. So hulle het geen keuse nie as om Saterdag te wen,” sĂȘ Jacobs.
Daar word verwag dat Bloemfontein hierdie komende Saterdag uit sy nate gaan bars wanneer die Vrystaat-Cheetahs vir die eerste keer in nege jaar in ‘n Curriebeker-eindstryd op tuisbodem speel. Die onoorwonne Vrystaat-Cheetahs het Saterdag hul plek in die eindstryd bespreek danksy ‘n welverdiende oorwinning van 55-17 oor die Goue Leeus.
Die Vrystaters pak Saterdag hul ou aartsvyand, die Blou Bulle, in die eindstryd nadat die span van die Jakarandastad die Westelike Provinsie met 36-30 in die tweede halfeindstryd in Pretoria geklop het. Gegewe die geskiedenis tussen die twee spanne, beloof hierdie komende Saterdag se eindstryd niks anders as ’n skouspel op te lewer nie. Die spanne het van 2004 tot 2009 vier keer in die eindstryd sake uitgespook. Vir baie lojale Vrystaatse rugbyondersteuners, soos Jakes Jacobs, is dit egter ’n bitter-soet oomblik om weer die geleentheid te kry om ’n eindstryd in die Rosestad te kan bywoon. Curt Wildschut, wat al die pad van die Oos-Kaap sal ry om die eindstryd by te woon, sĂȘ dit is hoog tyd dat die Cheetahs weer in ’n eindstryd speel. “Dit is ’n baie groot voorreg en regtig opwindend om ’n eindstryd te kan bywoon nĂĄ so ’n lang droogte in Cheetah-land. Die Bulle moet skrikkerig wees, die Cheetahs het lanklaas ’n beker in die kas gehad. Dit is hoog tyd,” sĂȘ Wildschut. Nog ’n ondersteuner, Leander Schrader, stem saam en sĂȘ dit het met tye maar moeilik gegaan in Bloemfontein en dat ondersteuners lank moes wag vir sukses op die rugbyveld, maar daar is weer hoop. Hy meen egter dat die manne in oranje en wit Saterdag oorweldigend as oorwinnaars uit die stryd sal tree. Die legendariese Vrystaat-senter, Helgard Muller, meen dat die spelers se ingesteldheid voor Saterdag se groot wedstryd die verskil tussen wen en verloor gaan wees. “ ’n Mens moenie carried away raak voor Saterdag se wedstryd nie. Die Bulle en Cheetahs sal albei vir die eerste keer in ’n lang tyd in ’n eindstryd meeding. Altwee spanne het jong opkomende sterre wat beteken geen span het meer ervaring as die ander nie. Doen net wat jy gedoen het deur die seisoen,” sĂȘ Muller. Die voormalige Springbokstut, Willie Meyer, wat self in sy dae 35 keer vir die Cheetahs uitgedraf het, sĂȘ die Vrystaters se vuurwarm spel op die rugbyveld beteken ongelooflik baie vir hul ondersteuners. “As daar een provinsie is waar ondersteuners agter ’n span kĂĄn staan, is dit die Vrystaat. Die ondersteuners is daar vir hul span en kom ons hoop vir ’n volgepakte stadion die naweek. Almal is regtig opgewonde, ek voorspel ’n Vrystaat-wen,” sĂȘ Meyer. Chantelle du Plessis, ’n woordvoerder van die Cheetahs, sĂȘ die stadion sal sonder twyfel vir Saterdag se wedstryd uitverkoop wees met ondersteuners wat toustaan by die stadion om kaartjies in die hande te kry. Die stadion kan ongeveer 46 000 ondersteuners huisves. Kaartjies vir Saterdag se wedstryd beloop R200 vir die hoofpaviljoen, R150 vir volwassenes op die oop paviljoen, en R100 vir kinders op die oop paviljoen. Ondersteuners kan ook aanlyn hul kaartjies by www.fscheetahs.co.za koop. Alle ondersteuners word verder aangeraai om op Oranje-Vrydag in ons streek se oranje en wit te pronk. Saterdag se wedstryd tussen die Vrystaat-Cheetahs en die Blou Bulle skop om 16:00 af. – Mark Steenbok

mark@centralmediagroup.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Bochabela road upgrades aim to improve access and boost local jobs

In a service delivery update, the Manguang Metropolitan Municipality...

FCS Mangaung kicks off Child Protection Week marathon

As part of the preparations for Child Protection Week,...

Hawks operation recovers R9 million worth of stolen Eskom property near Bloemfontein

A Hawks-led joint operation conducted by the Tactical Response...

Destea to host game auction

The Free State Department of Economic Development and Tourism...