E Copy

Date:

Hoop, humor en soveel lewe

’n Plaaslike skrywer Jayden Kukari is gebore in Bloemfontein en woon al sy lewe lank in Heidedal. Hy is tans besig met sy Meestergraad in Taalpraktyk en werk as ’n junior dosent by die Sentrale Universiteit van Tegnologie, Vrystaat.

Volgens Kukari het sy reis as skrywer in 2010 begin maar hy was daarop gefokus om liedjies te skryf. “My liefde vir kort verhale het eers gesig begin wys in 2022, en dis waar ‘Die Kleine Klitse’ gebore was,” vertel Kukari.

“Die Kleine Klitse” is gebore te danke aan ’n kortverhaal-aktiwiteit wat Willie Henning, ’n dosent by bogenoemde universiteit, aan Kukari gegee het.

Die boek gaan oor ’n kleurling-gemeenskap se alledaagse leefwyse. Dit probeer dié kant van mense aan die lig bring wat baie buitestanders nie van weet nie. Kukari noem dat die boek probeer om mense van ander rasse te laat sien dat die kleurvolle nasie nie net gebruikers is van dwelms en alkohol nie, of bendelede is wat geen maniere het of nie met ander kan saamleef nie.

“Daar is baie hoop, humor en lewe in die boek saamgevleg. Amper genoeg om enigeen se dag te maak,” noem Kukari. Kukari noem dat hy fiksie en nie-fiksie in die boek bygevoeg het. Volgens hom sal ’n paar mense van sy gemeenskap die onderskeiding kan maak.

“Die Kleine Klitse” is beskikbaar by Exclusive Books, Jacana Media, Woodsworth Books, Clarke’s Books en Takealot.

 

Abigail Visagie

abigail@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Koekela hosts charity baby shower to support Childline Free State

Childline Free State was the beneficiary of a charity...

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...

Schools Update / Skolenuus – 15 May/15 Mei 2025

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje: Tennis Die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje...

SuperSport se lot kan Celtic laat herleef

Sokkerondersteuners in Bloemfontein sal die oorblywende wedstryde van die...