Hoogland-buurtwagte deel van nasionale patrollie

0
206
Die Bultfontein-buurtwag wat aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem het.

Die AfriForum-buurtwagte in Bultfontein, Harrismith, Odendaalsrus, Welkom, Winburg, die Sandrivier-distrik en Ventersburg het op 4 Oktober 2019 aan dié organisasie se nasionale patrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid op te skerp.
Die organisie organisasie sê in ‘n verklaring die Hoogland-buurtwagte se betrokkenheid by die nasionale patrollie was ’n reuse-sukses. Altesaam 235 patrolleerders het 4 116 km in 120 voertuie afgelê. Ses verkeersake is aangemeld, wat uitstaande boetes en verkeersoortredings insluit.
Die patrollie is tussen 18:00 en 06:00 in samewerking met die polisie, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidsinstansies in die onderskeie gebiede uitgevoer.
“Die Hoogland-buurtwagte sal aanhou om veiligheidskwessies in dorpe op te los en sigbaarheid in die streek te verbeter. Veiligheid is baie belangrik in enige gemeenskap en die AfriForum-takke neem dit ook baie ernstig op.
“Deur goeie samewerking tussen AfriForum-buurtwagte, die SAPD en ander rolspelers kan ons soveel meer bereik,” sê JP Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.
Inwoners wat by hul plaaslike AfriForum-tak en buurtwag betrokke wil raak, kan hul dorp se naam na 31481 SMS (R1).
info@bloemfonteincourant.co.za