Hoofbrekens deur die rand veroorsaak

0
508
Photo: BusinessTech

Wie wil ‘n voorspelling op die rand waag vir 2019? Om dit te doen, is dieselfde as om te gaan dobbel; jy maak net te veel staat op die geluksgodin.

Die rand is een van die mees veranderlike geldeenhede in die wêreld en het al telkemale gewys dat dit heeltemal teen verwagtinge in kan draai. Analiste het verskillende opinies oor die vlak waarop die rand nou eintlik moet verhandel, maar almal is dit eens dat die rand swakker is as wat dit moet wees.

Selfs volgens die sogenaamde Big Mac-indeks is die rand onderwaardeer. Die Big Mac-indeks is deur die The Economist ontwikkel, en dit gebruik die prys van MacDonalds se Bic Mac-hamburger in verskillende lande as ‘n aanduiding van wisselkoersafwykings. Volgens Bussiness Tech kos ‘n Big Mac-hamburger rofweg R31 in Suid Afrika teenoor $5.58 in die VSA.

Dit beteken dat die R/$-wisselkoers eintlik R5.56 per $1 (31/5.58) moet wees. Teen ‘n wisselkoers van R13.87 per $1, is die rand dus met 59.9% onderwaardeer.

Jy kan waarskynlik argumenteer dat deur suiwer na die prys van ‘n Big Mac-hamburger te kyk, nie vir jou ‘n akkurate aanduiding van die rand-wisselkoers kan gee nie, en jy is reg. The Economist het toe ‘n paar aanpassings tot sy Big Mac-indeks gemaak om dit meer realisties te maak.

Volgens die aangepaste indeks moet $1 eerder R10.14 kos, wat steeds daarop dui dat die rand 26.9% onderwaardeer is. Met die skryf van die rubriek het die rand teen R13.72 per
$1 verhandel, steeds R3.58 swakker as wat die Bic Mac-indeks beweer dit moet wees.

Suid-Afrika se ekonomiese groei is onder druk en daar is swak ekonomiese beleid in plek, en nog swakker implementering daarvan. Die grootste vyand van ‘n sterk rand is die heersende politieke onsekerheid. Voordat die knelpunte nie doeltreffend aangespreek word nie, sal ons nie die Bic Mac-indeks se R10.14 sien nie.

horace@nassaux.com