E Copy

Date:

Hondetelers verkoop onverantwoordelik

Duane Petrus – Hondetelers moet meer verantwoordelik wees as hulle diere verkoop, en nie met enige iemand wat aan hul diere belangstel, transaksies doen nie.

Dit kom nadat ‘n bakkie met 33 honde, wat op pad Angola toe was, onlangs by die Vioolsdrift grenspos voorgekeer is.

Die twee Angolese mans wat die honde vervoer het, het net vir 23 van van die honde permitte om die land te verlaat gehad.

Die woordvoerder van die DBV, Jaco Pieterse, sê telers wat onverantwoordelik honde aan enige iemand verkoop, moet vir hierdie situasie blameer word.

“Hierdie honde word gewoonlik teen ‘n hoë prys in dié lande soos Angola verkoop en word dikwels vir sekuriteits redes gebruik. In party gevalle word hulle as veghonde gebruik, maar dit is nie die geval hier nie,” sê Pieterse.

Hy sê op die bakkie was daar nie genoeg plek vir die diere nie, wat in houtbokse geplaas is, en sommiges was siek en ontwater.

Share post:

Popular

More like this
Related

Filmmakers and activists invited to apply for NFVF GBV screening grants

The National Film and Video Foundation (NFVF) has made...

Water wasted for days in Martindale

A resident reported a water leak persisting for over...

MMM Faces Public Outcry Over Cosafa Tournament

The recent announcement by the Mangaung Metro Municipality (MMM)...

Eunice and Oranje share the spoils

Eunice Girls’ High School will head to Pietermaritzburg this...