‘n Somber atmosfeer heers tans in Deynesville in die Vrystaat, nadat erge storms ongeveer 600 mense oor die naweek dakloos gelaat het.
Volgens die woordvoerder by die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit, Gino Alberts, is 150 huise in die Refengkgotso-gebied buite die dorp geaffekteer.
Hy sê van die inwoners weier om die beskadigde huise te verlaat uit vrees vir vandalisme en diefstal. Inwoners word ook in kerke en gemeenskapsale gehuisves.
Alberts noem verder dat ouers nie werk toe kan gaan nie nadat drie kleuterskole ook deurgeloop het. Hy sê die munisipaliteit is besig om die skade te beraam.
“Van die mense se meubels en van hul klere is beskadig. Die huise se dakke het afgewaai. As die plaaslike munisipaliteit het ons reeds begin om die skade te beraam. Ons doen ook ‘n beroep op al die plaaslike besighede om betrokke te raak en mense te help wat geaffekteer is deur hierdie storm,” sê Alberts.
MARK STEENBOK