E Copy

Date:

Homsek uiteindelik in hoofgeveg in NVDK 5

Die vyfde Nag van die Kampioene (NVDK 5), ’n gemengdegevegskuns-toernooi (GGK) tref Saterdagaand die Bloemfontein Stadsaal met ’n reeks opwindende amateurgevegte. Die veelbesproke Eduan Homsek (1.92m, 108kg) sal uiteindelik in die hoofgeveg teen Tandy van Niekerk meeding. Ondersteuners en aanhangers van gemengde gevegkuns sien al lank uit na dié tweegeveg. Homsek en Van Niekerk het albei hul NVDK-debuut gemaak op die tweede byeenkoms wat in April 2012 plaasgevind het. Albei hierdie krygers is langer as 1.9m, gespierd, vinnig, fiks en gebalanseerd – die perfekte teenstanders om in die agtkant mee te ding.

“Tandy is ’n aggressiewe bakleier en hy is groot en sterk,” sê Homsek. “Dit gaan ‘n harde geveg wees, maar ek sal reg wees vir alles en wil op die aand die geveg mooi analiseer.” Homsek is ’n skopbokser wat eerder sal fokus op ’n staande geveg, maar as die geveg grond toe gaan sal sy agtergrond as ’n Suid-Afrikaanse stoeier hom baie kan help.  Aanvanklik was Homsek na MMA gelok vir die fiksheid wat die sport se kondisionering bied. Hy het by Henk van Wyk se StreetFit Fighting-klub begin oefen. Sy doel was slegs om fiks te raak vir rugby, maar hy het begin om in MMA uit te blink. NVDK raak elke keer ’n groter en beter byeenkoms, wat Homsek baie opgewonde maak. By die vorige NVDK-byeenkoms het Homsek skaars 18 sekondes in die geveg in sy opponent grond toe gestuur met ’n uitklophou.

Hy erken dat dit moontlik nie die geval in sy stryd met Van Niekerk sal wees nie.
“Ek en Tandy het baie respek vir mekaar.”
Vir meer inligting oor die kaartjieverkope van NVDK 5 kontak gerus die organiseerders by 083-612-8590.
georg@centralmediagroup.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Blind DJ calls for equality in the entertainment industry

A local blind disc jockey from Thaba Nchu calls...

Pencil in – 15 May/15 Mei 2025

15 May: Food & Wine Pairing: Experience an unforgettable...

Koekela hosts charity baby shower to support Childline Free State

Childline Free State was the beneficiary of a charity...

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...