Servaas de Kock
Besigheid raak al hoe meer kompeterend. Dit net as gevolg van een ding: Meer en meer besighede maak hulle deure oop en wil ook meeding om ‘n stukkie van die koek. Dit is verblydend om so ‘n groot hoeveelheid nuwe ontwikkeling te sien. Veral in Bloemfontein se omgewing sien ‘n mens nuwe besighede wat op gereelde basis hulle deure oopmaak. Die een vraag wat egter gevra kan word is of ons die tegnologie genoeg gebruik om meer uit te vind oor ons kompetisie. Baiekeer wanneer ‘n mens ‘n bietjie navorsing doen oor ‘n spesifieke besigheid of besigheidsmodel, is dit nogal verrassend om te sien hoeveel waardevolle inligting beskikbaar is op Google.
Effektiewe aanwending van tegnologie in jou besigheid kan jou help om op die lang termyn koste te bespaar en te help om die regte besluite te neem. Jy kan baie meer akkurate vooruitskattings maak en kan meer op die hoogte wees van die nuuste belangstellings onder kliënte. Ek het eenkeer ‘n vooraanstaande besigheidseienaar hoor sê dat as jy niks het om te doen nie, dan gaan speel jy op die internet. Dit is regtig so ver van die waarheid as wat jy kan kry. Dit kom terug na die beginsel van om hard te werk en om slim te werk. Om tegnologie reg aan te wend in jou besigheid en seker te maak jy weet wat in ‘n spesifieke bedryf gebeur, plaaslik sowel as internasionaal, is vir seker om slim te werk.
*De Kock is die algemene bestuurder van die Digital Platforms, webtuiste en ontwikkelingspesialiste.<br />