E Copy

Date:

Hoërskool Fichardtpark vier lentedag

Die stof lê nog vars op die sportveld. Vrydag,28 Augustus 2015 is 'n dag wat niemand gou sal vergeet nie. Hoërskool Fichardtpark het sy heel eerste lentekarnaval en kaskarwedren gehou. Elke leerder en onderwyser het kragte saamgesnoer om op 'n kreatiewe manier van dié fondsinsamelingsprojek 'n sukses te maak.
Elke klas was verantwoordelik vir hul eie kaskar, borge en spantema. Daar was van vroegdag af 'n gegons op die terrein terwyl elke span vir die kragmeting gereedgemaak het. Teen wegspringtyd was elke graad gereed vir die optog en wedren om die baan. Spoed, stof en sweet was aan die orde van die dag, terwyl elke span probeer het om as oorwinnaar weg te stap (of sal mens sê, weg te ry).
Teen middagete is daar halt geroep met 'n skouspelagtige valskermsprong wat geleentheid vir nóg mededinging gebied het. Daar is gesmul aan wegneemetes wat deur die ouergemeenskap van die skool verkoop is. Die hoogtepunt van die dag was die eindwedren waar die wenners van elke graad teen mekaar meegeding het. Graad 12D het koning gekraai en as trotse wenners weggestap.

Share post:

Popular

More like this
Related

Blind DJ calls for equality in the entertainment industry

A local blind disc jockey from Thaba Nchu calls...

Pencil in – 15 May/15 Mei 2025

15 May: Food & Wine Pairing: Experience an unforgettable...

Koekela hosts charity baby shower to support Childline Free State

Childline Free State was the beneficiary of a charity...

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...