Hoendergereg

0
877

Hoendergereg

1 gaar hoender, ontbeen en in stukkies gebreek
200g     skulpienoedels, gekook en dreineer
200g bevrore ertjies (kan net so gebruik word)

Sous
125g spekvleis in stukkies gesny
20ml olyfolie of sonneblomolie
1 ui, fyn gekap
5ml matige kerriepoeier
5ml borrie
3 tamaties, geskil en pitte verwyder en in blokkies gesny (of 1x klein blikkie tamatiemoes)
1 pakkie sampioen- of hoenderroomsop
500ml     water
1 blokkie hoenderekstrak

Metode:

  1. Braai spekvleis en ui in olie, roer matige kerriepoeier en borrie by – braai effens saam met spekvleis en ui.
  2. Meng soppoeier met water en ekstrakblokkie en roer by bogenoemde mengsel in pan. Kook goed.
  3. Voeg hoender, ertjies en noedels by – meng goed en bedien met slaai (turksvye, druiwe en vye is ’n goeie keuse vir slaai hierdie tyd van die jaar).

Opsioneel:
Sprinkel gereg met stukke fetakaas en fyn, vars witbroodkrummels gemeng met gesmelte botter. Bak vir 10 minute by 170°C net voor opdiening.