Hoe leef jy?

0
776

Ds. STEPHAN VAN HEERDEN

Rick Warren skryf die bekende boek A Purpose Driven Life. In die boek vra hy die vraag of ek en jy doelgerig leef, al dan nie.  Leef jy of bestaan jy net, het hy oor gewonder. Hy begin met die vraag: “Wat op aarde maak jy hier?” Verskeie sporthelde het oor die vraag gewonder en dan besef dat na al die roem en eer van sport verby is, jy ook vir jou ’n lewe hier moet skep. Só ’n persoon was T. Cobb. Hy was ’n beroemde bofbalspeler in Amerika.

Sy antwoord was: “Jare lank het ek bofbal geëet, geslaap, gepraat, gedink, ja, bofbal gelewe. Maar as ’n mens te oud word om die sport te beoefen, besef jy dat tog nie daarvan kan leef nie.”

So is daar baie dinge waarvoor ’n mens lewe, maar uiteindelik gaan dit verby en die vraag bly: “Wat op aarde maak ons hier?”
Paulus antwoord die vraag vir jou en my in Fillipense 3:8 – “Ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here te ken, oortref alles in waarde.” Wat is jou antwoord op die vraag aan die begin?