Hoe belangrik is die Eskom Ekspo?

0
117
FOTO: Eskom Expo for Young Scientists

Die jaarlikse Eskom Ekspo is ’n kans vir jong wetenskaplikes om hul bekwaamheid te wys. Die belangrikheid van die ekspo kan wel nie oorbeklemtoon word nie.

Bloemfontein Courant het na Nicho Swartz, Vrystaat Provinsiale Koördineerder vir die ekspo, uitgereik om meer uit te vind oor hoe belangrik hierdie ekspo is, noudat die nuwe seisoen hier is.

“Die nuwe ekspo-seisoen begin effektief onmiddellik ná die afsluiting van die streekskompetisies in Augustus,” het Swartz vertel. “Studente wat voorberei vir die komende Streekwetenskapskoue het in Augustus 2023 met hul navorsingsprojekte begin,” het hy bygevoeg.

Voorbereiding sluit verpligte deelname aan die distriksvlakkompetisies in, wat in Mei regoor die Vrystaat plaasgevind het. “By elke fase ontvang studente leiding van bedryfsprofessionele wat hulle help om die beste moontlike uitkomste vir hul navorsing te bereik,” het Swartz verduidelik.

Alle leerders van skoolouderdom is geregtig om deel te neem, so ook is leerders van spesiale skole en tegniese kolleges.

Volgens hom het leerders die vryheid om navorsingstemas te volg wat hulle interesseer, maar hulle word wel aangemoedig om te begin met die identifisering van ’n probleem. Dan kan hulle ondersoek instel om nuwe maniere te vind om die probleem wat hulle geïdentifiseer het op te los.

Vir Swartz begin aansporing vir deelname aan aktiwiteite, soos die ekspo, by die huis en word dit verder in die klaskamer gekweek. “Projekgebaseerde leer is ’n unieke geleentheid vir studente om hul belangstellings na te streef, wat die leerproses selfgedrewe maak,” het Swartz vertel.

“Studente word aktiewe deelnemers in hul opvoeding en soek voortdurend kennis terwyl hulle met hul projekte besig is.”

Die Eskom Ekspo is ’n belangrike deel van leerders se opvoeding, soos Swartz verduidelik. “Die ekspo bied ’n platform vir studente om hul navorsing ten toon te stel en erkenning te kry vir hul pogings,” het hy vertel. “Dit bevorder buite-dieboks-denke, wat studente aanmoedig om regte wêreldprobleme op te los. Deur deel te neem, ontwikkel studente 21steeeu-vaardighede en word hulle goed afgeronde volwassenes wat positief tot die samelewing bydra.”

Daar is ook geleenthede vir studente om internasionaal met hul navorsing mee te ding. Bloemfontein Courant het voorheen oor Jaco Deysel berig. Die Bloemfonteiner was ‘n finalis by die Taiwan Internasionale Wetenskap-ekspo.

Jaco Deysel (links), saam met die leier
van Eskom se afgevaardigde groep, DJ
Lephondo (middel), en Deysel se SuidAfrikaanse spanmaat, Lethabo Molobi
(regs). FOTO: VERSKAF

 

Warren Hawkins

warren@mahareng.co.za