HLDAC hou suksesvolle Vroue-ontbyt

0
1147
Gregory Werner, Voorsitter van die HLDAC.

Die Heidedal Local Drug Awarenss Campaign (HLDAC) het vanoggend ‘n Vrouemaandontbyt by Laerskool Heide in Heidedal gehou.

“Die Verenigde Nasies het weer hul jaarlikse verslag uitgereik wat dwelms aanbetref. Huidiglik gebruik Suid Afrika twee keer die norm van wat die res van die wereld gebruik. Suid-Afrika is uniek wat TIK aanbetref en vervaardig dit gereeld, veral in Gauteng.

“Dit is regtig skrikwekkend wat in ons strate aangaan. Ons strate is besmet met dwelms. HLDAC is gestig om lede van die gemeenskap te help.  Mense weet nie hoe om situasies te hanteer nie, en daarom moet almal gehelp word.

“Die gebruiker, die familie, maar wie hulself die meeste verwyt is gewoonlik die ma, want sy voel sy het misluk in haar taak as ma,” meen Gregory Werner, voorsitter.

Die Vrouemaandontbyt is gemik op die skoner geslag, en adv. Kuni Ditira, ‘n regsadviseer in die premier se kantoor, het ook met die vroue kom gesels.

“Ons het gevra dat die mense hul hande opsteek as hul ooit geaffekteer is deur dwelms, en 80% van die mense het hul hande opgesteek,” se Werner.

Die ontbyt se doel is om gesprek aan te moedig, om die probleem te bespreek en om aan oplossings te dink. “Ons moet kyk waar die oorspronklike probleem vandaan kom en kyk hoekom mense dit doen,” se Werner.

“Ons organisasie wil bewusmaking skep om mense te inspireer”.

Van die vroue wat die HLDAC Vrouemaandontbyt bygewoon het.

Jeretha Oosthuizen